Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek is nie die Grinch nie, maar...
Colette Combrink.

Ek het die gulde geleentheid gehad om groot te word in ’n huis waar ek geleer is om alles om my te bevraagteken – ’n kontras met ons direkte omgewing wat van kinders verwag het om gesien en nie gehoor te word nie en tevrede moes wees met die grootmens se “want ek sê so”.

Ek het dus nie grootgeraak met vaste oortuigings van die tandemuis of Kersvader nie, alhoewel ek onwrikbaar geglo het in Klaas Vakie.

Daar is wel aan my vertel dat, dit wat ek nou weet die wit mynhope buite Johannesburg is, Klaas Vakie se sandjies is, en die koeël was vir my deur die kerk toe my kleindogtertjie-oë ’n klein houthuisie langs die sandjies sien. Ek het dus vaste bewyse gehad om my oortuiging te staaf – hy het dan selfs ’n huis daar.

Kersgeskenke verwar my

My gesin vertel gereeld staaltjies oor my praktiese, miskien selfs soms effens siniese, benadering tot die wêreld van kleintyd af.

Van jongs af het ek daarmee saam glad nie die nut ingesien van briewe skryf vir ’n ou oom met ’n wit baard wat nie bestaan nie, en die alewige sneeuversierings in al wat ’n winkelvenster is, maak nie saak of dit vyf en dertig grade in Suid-Afrika se ongenadige son is nie.

Ek het dus nie grootgeraak met vaste oortuigings van die tandemuis of Kersvader nie, alhoewel ek onwrikbaar geglo het in Klaas Vakie.

Maar wat my seker die meeste verwar het, was Kersgeskenke. Almal het by die skool gesels oor wat hulle vir Kersfees wil hê en my eerste gedagte was: wat op dees aarde het jy gedoen om op Kersdag ’n geskenk te ontvang, want myns insiens ontvang ’n mens mos geskenke as jy iets bereik, soos ’n ouderdom of ’n akademiese prestasie of die deurdruk deur ’n uitdagende tyd.

Ek weet ek klink soos die Grinch of ’n suur ou tannie wat nooit geskenke vir Kersfees gekry het nie en nou haar ontsteltenis op die wêreld uithaal, maar kyk vir ’n oomblik verby jou oortuiging van my, en vra jouself af hoekom ons doen wat ons doen, en hoekom om glo wat ons glo.

LEES OOK: Familie...Ai, dis nooit maklik nie!

Sal dit ons as mense en medemense nie dalk meer baat as ons nie geskenke koop wat ons voel ons moet koop bloot omdat dit Kersdag is nie? En dalk eerder die res van die jaar ook die mense wat ons op Kersdag om ons het, elke moontlike dag besaai met die geskenke van ons tyd en liefde en omgee.

Elke dag is ’n gulde geleentheid om jou geliefdes te pamperlang.

Elke dag is ’n gulde geleentheid om jou geliefdes te pamperlang.

Of selfs om in die feesseisoen dit ’n fees te probeer maak om in hierdie land te bly – iemand trakteer met kos wat elke aand honger gaan slaap, geskenke van skoolskoene of skryfbehoeftes uitdeel vir daardie kind in die skool wat jy weet dit nooit sal kan bekostig nie.

Maar meer as enige iets anders, om die mense om jou lief te hê, te respekteer en die lewe dalk net so ’n bietjie ligter vir hulle te maak vir meer as een dag in die jaar.

  • Colette Combrink (20) studeer BA Geografie en Geesteswetenskappe (finale jaar) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is oorspronklik van Ermelo, Mpumalanga.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees hier nog studente se meningstukke.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.