Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek kies SA bo Europa enige dag!'
Mart-Marié Serfontein
Mart-Marié Serfontein

Europa. Vir een of ander rede het witmense ’n obsessie daarmee.

Dis ’n vreeslike mooi plek (ek voel ek mag hier veralgemeen), met baie interessanthede om te besigtig, maar ek dink die hoofrede hoekom almal wat dit kan bekostig altyd sóóntoe vir vakansie gaan, is omdat ons terug na ons wortels wil gaan. Jy weet, die oertuiste.

Duitsland is nie my plek

Die afgelope Januarie was ek een van daardie mense. Ek het ’n beurs van die Duitse regering gewen om ’n ses week lange taalskool in die klein stad van Aachen by te woon.

Ses weke klink met eerste oogopslag nie té lank nie, maar dit is ses weke in ’n ander land, 42 dae in ’n vreemde omgewing wat jy van g’n kant af ken nie.

Ek was darem nie stoksielalleen nie en het my beste vriend ook oorreed om vir die beurs aansoek te doen. Gelukkig is dit al twee van ons toegestaan en kon ons saam die avontuur aanpak, die twee jong Suid-Afrikaners wat heerlik Afrikaans gesels soos ons deur die koue, wit strate van ’n Duitse winter stap.

Suid-Afrika is ons huis

In die derde week daar het ek uiteindelik rooibostee in die hande gekry. Maar dit was ook al wat ek kon doen om te keer dat die verlange na die huis my nie heeltemal verswelg nie.

My reisgenoot, Pierré, was, in vergelyking met my, in sy element. Heeltyd gepraat van hoe hy terug is in die land van sy voorgeslagte (dit help nie veel dat hy nie ’n Duitse van het nie). Hy wou net bly en daar ’n lewe begin.

Toe ons die Suid-Afrikaanse lugruim betree het ek ’n jive in my sitplek gedoen. En toe ons oor die Kaap begin daal en daardie manjifieke Tafelberg sy verskyning maak, het ek ’n traan of twee weggevee. Ek was home.

Nie ek nie. Dit was heeltyd koud buite, ek het bankprobleme gehad, die son het glad nie geskyn nie en die taalkursus was moeilik.

Daar was baie kere wat ek net summier wou terugvlieg na my sonnige Suid-Afrika, waar geen van bogenoemde ’n bekommernis sou wees nie. Maar ek het die ses weke uitgehou, oorleef.

Toe ek en Pierré terugvlieg, het ek letterlik die ure afgetel soos ons uit Dubai opgestyg het. Toe die vliegtuig oor Afrika kom het my hart een keer gestruikel.

Toe ons die Suid-Afrikaanse lugruim betree het ek ’n jive in my sitplek gedoen. En toe ons oor die Kaap begin daal en daardie manjifieke Tafelberg sy verskyning maak, het ek ’n traan of twee weggevee. Ek was home.

Hoop en moed

Ek is maar net ’n mens, en kon nie help om my ervaringe in die twee lande te vergelyk nie. Ek weet ek moenie, Suid-Afrika en Duitsland is immers wêrelde van mekaar verwyderd, maar steeds . . .

En wat ek gevind het, het my eintlik verras. Ek het diep selfondersoek gaan doen en besef dat ek nie net terug wou kom vir die son en die vleis nie, maar vir die mense. Daar is hoop hier.

In Duitsland is almal moeg. Hulle is al moeg baklei oor hul immigrante-krisis, hulle is moeg vir die potensiële Poetin-probleem, hulle is moeg vir Trump wat Neonazisme oukei maak.

Maar in my sjarmante, stormagtige Suid-Afrika is daar hoop. Ja, dit word dalk nie in die getalle van die jeug wat vir die verkiesing geregistreer is, weerspieël nie, maar daar is iets hier onder ons wat bewe, iets wat wil uit.

Maar in my sjarmante, stormagtige Suid-Afrika is daar hoop.

Ja, dit word dalk nie in die getalle van die jeug wat vir die verkiesing geregistreer is, weerspieël nie, maar daar is iets hier onder ons wat bewe, iets wat wil uit.

Die land is nie dood nie

Dit is hoekom ek wil stem. Ek wil stem, want ek weet my land is nie dood en uitgedroog soos die dorre Duitsland nie. Kyk, as jy wil geld maak en veiliger voel, is dit die plek vir jou daai, maar dis nie dinge wat hoog op my prioriteitslysie is nie.

Ek wil huis die plek noem waar ek met wildvreemdelinge in die straat ’n geselsie kan aanknoop, hardop kan saamlag oor nietighede en voel hoe my omgewing my lewe gee en dit nie stadig uit my syfer nie.

Ek weet dat met die regte mense aan die stuur van sake, al plek waarnatoe Suid-Afrika kan gaan, op is. Ek weet dat daar geen ander plek is waar ek eendag wil werk as hier nie. Ons het, soos ’n dwelmverslaafde, ons rock bottom getref.

Suid-Afrika is die groener weivelde (dit moet net reën). Ons moet hier ons toerusting afpak, slyp en aan die werk spring.

Ek sweer, daar is nie ’n skandaal wat ons nou nog kan ruk wat ons moraal enigsins laer kan afbreek nie. En ek wil deel wees van ons rehabilitasieproses.

Ek wil nie groener weivelde gaan soek omdat dit “daar” makliker is nie. My voorouers het dit klaar gedoen.

Suid-Afrika is die groener weivelde (dit moet net reën). Ons moet hier ons toerusting afpak, slyp en aan die werk spring.

En die eerste stap daartoe is om op die 8ste Mei in daardie lang tou te gaan staan en seker te maak ons plaas ons land in die beste moontlike hande. Die hande wat vir almal die beste toekoms moontlik wil bied.

  • Mart-Marié Serfontein (21) studeer BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk ook vir Die Matie as teksredakteur. Sy kom oorspronklik van Kaapstad.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.