Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek was 'n stout kind. Dís hoe ek my lewe omgekeer het.'
Qwin Eldenro de Wee
Qwin Eldenro de Wee

In die jaar 1997 is ek weggeruk van my biologiese ma om by my pa se ouers, my ouma en oupa, te gaan bly. Dit was op ’n plaasdorpie met die naam Marchand in die Noord-Kaap.

Ek het hulle nie geken nie en dit was ’n baie deurmekaar tyd in my lewe. Ek was ’n baie stout kind en kon die feit dat my ma nie meer deel van my lewe wou wees nie, net nie aanvaar nie. Ek het nie goed gevaar op skool nie, maar soos tyd aangestap het, het ek meer bewus geraak van wat om my aangaan.

In ons omgewing moet jy vakansietye op ’n druiweplaas gaan werk wanneer jy klaarmaak met gr. 7. Ons moes almal bydra tot die huishouding. Baie van die kinders het in hierdie tyd begin gom snuif en verslaaf geraak aan dwelms soos dagga.

Ek moes toe gaan studeer aan ’n kollege in De Aar omdat daar nie genoeg geld was om my te laat studeer wat ek wou nie.

Ek het in gr. 7 skool begin ernstig opneem. Ek het begin diplomas verwerf en het die res van my skoolloopbaan aan die Hoërskool Kakamas voltooi.

Ek het in 2009 gematrikuleer. Ek het baie goed gevaar en het aspirasies en drome gehad om uit die dorpie te kom. Ek wou iets van myself maak en wou weer my ma sien. Ons was drie jong mense in ons huis. Ek, my niggie en my oom, my ouma-hulle se jongste kind. My oom en my niggie kon ná skool gaan studeer, iets waarna ek self gehunker het.

Ek moes toe gaan studeer aan ’n kollege in De Aar omdat daar nie genoeg geld was om my te laat studeer wat ek wou nie. Ek het ’n sertifikaat in kantooradministrasie voltooi. Ek was afgunstig en gebreek, maar het nooit my droom laat vaar nie.

Ek het aanhou droom!

Ná my studies het ek die pad gevat op soek na ’n werkie, maar dit was maar moeilik omdat my sertifikaat gelykstaande was aan ’n matrieksertifikaat.

Ek het in 2016 in Johannesburg aangekom en ’n goeie werk gekry by ’n klerewinkel en kon só my eie studies bekostig. Ek het aansoek gedoen om deeltyds ’n graad in finansiële rekeningkunde aan Damelin te studeer.

Ek is toe aanvaar en het in 2017 met my studies begin. Aan die begin was dit baie rof, maar ek het dit laat werk. Ek moes vroeg in die oggend werk toe gaan en ná werk dadelik na my aandklasse toe gaan.

Ek is amper klaar met my studies, maar weens Covid-19 is ons klasse vir eers gestop.

LEES OOK: Liewer laat as nooit: 'n Graad op 30 is steeds 'n graad!

Ek kan nie genoeg dankie sê vir ons Liewe Vader vir hierdie geleentheid nie. Ná my studies wil ek my internskap by Deloitte of PWC doen, en ek glo enigiets is moontlik. Die kersie op die koek is dat ek weer by my ma uitgekom het.

Ek wil net vir almal daarbuite wat dink dat alles tevergeefs is, sê dat niks verniet is nie! Met harde werk, opofferings en geloof is enigiets moontlik.

Dit is nooit te laat om jou drome te volg nie. Byt vas en sien die lig aan die einde van die tonnel, want dit is daar.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk?Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.