Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Ek wil nie doodgaan aan die hand van ’n man nie'
A young woman steps out of the cage. The female ch

“I don’t want to die with my hands up or legs open.” – Koleka Putuma.

Ek lees nou die dag ’n aanhaling waar ’n vrou skryf: “Imagine living in a country where it’s much easier to get raped than it is to find work.”

’n Ma sê dat jy nie weet wat vrees werklik is voordat jy ’n dogter in dié land grootmaak nie.

’n Ma sê dat jy nie weet wat vrees werklik is voordat jy ’n dogter in dié land grootmaak nie.

Ek maak seker ek loop nie alleen rond op kampus in die aande nie. Ek maak seker ek stap nie alleen van die kampus af nie.

Ek dink nou anders oor wat Jean-Jacques Rosseau destyds gesê het: “Man is free, but everywhere he is in chains.”

Ek is só in kettings dat ek knaend vir ’n man of twee moet wag om saam met my van kampus af te stap. En die pepersproei waarmee almal rondloop herinner my konstant aan ’n gedeelte van my vryheid wat ek kwyt is. Hulle stel voor dat ons klasse vir selfverdediging moet bywoon. Ek word vriendelik gevra, sou ek die aand laat by die biblioteek op kampus wees en vir my lift wag, om eerder voor die deur waar daar lig is te wag en nie om die hoek in die donker nie.

Ek wil net vry wees, maar dit werk nie so nie

Lynthia Julius
Lynthia Julius

Op ’n aand is ek by die beminde se huis en my suster en haar vriend (albei studente) kom haal haar bankkaart wat sy by my vergeet het. Dit was ’n doodgewone Saterdagaand. Sy bel en sê hulle is buite. Sonder om twee keer te dink vra ek my boyfriend om saam met my uit te gaan. Want sien, dit is ’n stil straat en ek was bang iemand glip dalk net by die hek in as ek dit oopmaak. My suster se vriend dink toe dis uit jaloesie dat my boyfriend saam met my uitkom. “Seker om te kom kyk watter man dié is,” sê hy. “Nee,” sê my suster, “My suster was net bang.”

LEES OOK: 'Die dag wat drie mans my gekaap en in die kattebak gegooi het'

Ek het dit so onbewustelik gedoen. So asof dit so moet wees. Ek het hom outomaties my lyfwag gemaak. My ketting. Ek wil alleen ná klas Pick ’n Pay toe stap. Ek wil nie my vriend Anathi bel en vra of hy wil saamloop nie. Ek wil vry loop. Vry in die aande op kampus. Vry in my buurt. Maar dit werk nie so nie.

Tazne van Wyk wou net buite speel. Uyinene Mrwetyana wou net poskantoor toe gaan. Hannah Cornelius wou net vir Cheslin Marsh huis toe vat. En so ’n eenvoudige ding het hulle hul lewe gekos. Verkrag. Vermoor. Deur mans. Mans wat in ’n vrou se baarmoeder lewe gekry het.

Ek wil nie vermoor word oor my geslag nie

So, wat leer ons ons dogters? Afhanklikheid.

“Wag, laat jou broer of neef saamry.”

“Bly naby jou mansvriende in die klubs.”

“Moenie alleen garage toe loop nie, laat jou boyfriend saamloop.”

En hier leer die samelewing jou dat jou kom en gaan baie keer van ’n man moet afhang.

Ek wil nie vermoor word oor my geslag nie. Oor my geslagsdele nie. Ek kan nie eens begin om my in te dink hoe daardie meisies se ouers moet voel nie.

Ek wil nie vermoor word oor my geslag nie. Oor my geslagsdele nie.

Daar hoef nie vir my gesê te word dat ek maar oor ’n rooi verkeerslig kan ry as daar nie ander karre is nie. Daar hoef nie aan my verduidelik te word dat dit onveilig is vir ’n vrou om laataand alleen by ’n verkeerslig te stop nie – as ek kies om oor daai rooi verkeerslig te ry, moet dit uit my eie wil wees. Nie oor ek voorgesê is om dit te doen nie.

En wat sê die regering? Laat ons eerder nie politiek praat nie. Laat ek liewer dieselfde doen en swyg. Ek wil soos Koleka Putuma ook nie met my hande in die lug of my bene oop doodgemaak word nie.

Ek wil nie doodgaan aan die hand van ’n man nie.

Ek wil nie my broer of boyfriend vra om saam te loop of ry nie.

Dit gaan hartseer genoeg, nie oor my wil nie. Dis ons samelewing. Niks maak my spesiaal dat my familie nie die oproep kan kry dat ek verkrag of vermoor is nie.

Celine Dion sing: “Call the man, he’s needed here”, en dit lyk my dit moet maar nou die motto vir elke vrou in die land wees om veilig in die samelewing te kan rondbeweeg. Want vry, dié is ons nie, en afhanklik, dié maak hulle ons.

  • Lynthia Julius studeer vir haar meestersgraad in skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy het reeds ’n honneursgraad in filosofie.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.