Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ek wil niks van die ‘goeie ou dae’ hoor nie
Kyra Hempel
Kyra Hempel

Hoe is dit dat ek, ’n millenniër, in die jaar 2019 op vorms steeds my ras moet aandui?

En ek is gatvol vir die stories van die mense wat my in hierdie posisie geplaas het, oor hoe goed dit met die land gegaan het.

Liewe oom en tannie, ouma en oupa, ma en pa . . .

Ek wil nie meer van die “ou dae” hoor nie. Ek wil ook nie weet dat ons land blykbaar soveel beter was jare terug nie (as jy wit was).

Ek wil geen rassistiese opmerkings hoor as julle ontevrede is met enigiets nie. Al is dit dalk net ’n gewoonte om ’n sekere woord te sê, kon julle nie maar dié “gewoonte” 25 jaar terug probeer afleer het nie?

“Regstellende aksie is so verkeerd,” maar was apartheid dan nie?

Vergeet die verlede

Ek wil ook niks weet van die verlede nie. Ek het eintlik net nie tyd om te dink hoe onregverdig die verlede was nie!

Ek is besig om myself nerfaf te werk om seker te maak dat ek ’n goeie toekoms sal hê. ’n Toekoms wat amper net so onregverdig soos die verlede kan lyk.

Ek hoor gereeld: “Ons land se ekonomie was soveel beter”, maar daar word vergeet om by te las dat dit ’n land met ekonomiese sanksies was.

Vir elke aksie is daar nagevolge, en ons (wat nog moet graad vang en werk kry) moet dit nou, as gevolg van julle toedoen, op ons skouers dra.

Was julle trots daarop dat ons atlete nie aan internasionale sportbyeenkomste kon deelneem nie? Almal het ons land gehaat . . . Die mense van ons land het ons land gehaat . . .

Vir elke aksie is daar nagevolge, en ons (wat nog moet graad vang en werk kry) moet dit nou, as gevolg van julle toedoen, op ons skouers dra.

Julle het dalk verskriklik hard gewerk om vir ons te gee wat ons nou het, maar is die teiken op my rug net omdat ek wit is, die moeite werd?

Hoekom moet ek voel dat ek vrou-alleen alles moet regstel?

Hoekom mag ek nie met ’n swart man trou nie?

Ondanks die tradisionele sienings moet ek almal hanteer asof hulle gelyk is, en wanneer ek elke persoon ongeag hulle ras gelyk hanteer, word ek beoordeel daaroor! Hoekom mag ek nie met ’n swart man trou nie?

En dan moet ek dit ook net aflag wanneer iemand onregverdig teenoor my optree? Want dit was mos oukei toe dit anderkant om was?

Ons betaal nou vir jul sondes

Hoe kan julle die vermetelheid hê om te kla oor die politieke klimaat as dit julle was wat gedink het dat julle, as gevolge van julle ras, beter is as ’n ander mens? Ek dog dan ’n mens is ’n mens is ’n mens?

Verder het julle nou ook die lekker gewoonte om uit te basuin dat ons generasie te sensitief is sodra julle nie met ons wil saamstem nie. Eerder te sensitief as ’n gebrek daaraan.

LEES OOK:  'Apartheid maak nog seer'

Onthou dis nou ons wat vir jul sondes moet betaal.

Om die waarheid te sê neem ons as die jeug niemand behalwe julle kwalik nie. Dit is wat dit is.

Ek voel nie gemaklik in my eie vel nie. Ek voel skuldig, al het ek niks verkeerd gedoen nie. Maar dit bly my plig om dit reg te maak!? Dit maak nie sin nie . . .

Ek voel nie gemaklik in my eie vel nie. Ek voel skuldig, al het ek niks verkeerd gedoen nie.

Ek vra nie om verskoning vir my te sensitiewe self nie, en ek sal gesien asook gehoor word.

Ek het nie die vaagste benul hoe rassisme met vrede geregverdig was nie.

En diegene wat steeds so iets regverdig, gaan ongelukkig net nooit ons generasie en ons moerse struikelblokke kan verstaan nie.

  • Kyra Hempel (20) studeer Bcom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy het in Pretoria-Oos groot geword.
  • Wonder jy wat studente dink? Lees meer meningstukke hier.

  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang?Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.