Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
En dít alles vir ’n romantiese glas wyn!
Mizanne Hattingh
Mizanne Hattingh

Hierdie stuk is gewy aan ’n storie wat nie onvertel kan bly nie.

Onlangs is ek deur ’n lid van die manlike geslag gevra om saam met hom na die sonsondergang te gaan kyk by die dam terwyl ’n glasie wyn geklink word.

Klink na so ’n romantiese aanbod, totdat jy die fynskrif lees.

Daar is tog so baie wegkruipplekke in Potch waarheen verliefdes en daggarokers gaan om rustig te verkeer, dus was ek ’n bietjie onseker oor na watter “dam” hy verwys. Baie teen my aard, besluit ek toe om ’n sonrokkie aan te trek saam met, soos dit geblyk het, vreeslike onpraktiese plakkies.

Ek het gesoek na ski-pants vir onder die rokkie maar die vind van hierdie kledingstuk – wat later sou blyk ’n noodsaaklikheid sou wees – het nooit gebeur nie.

Heel opgewonde om hierdie nuutheid te gaan ontdek, klim ek toe in sy kar, waarna hy vir my sê: “Dis mos maar reg as ons ’n entjie moet stap om by die plek uit te kom?” Natuurlik, sê ek, wat die vol-uiters-baie-draadwerk-deel van my persoonlikheid wou wegsteek. Ek knik en glimlag net. Daar gekom, klim ons toe uit en begin die groenigheid instap. Hy sê so ewe nonchalant dat die hangbruggie gebreek het – en ek dog toe maar net hy probeer die gesprek aan die gang hou om ongemaklikheid te vermy.

Ek het gesoek na ski-pants vir onder die rokkie maar die vind van hierdie kledingstuk – wat later sou blyk ’n noodsaaklikheid sou wees – het nooit gebeur nie.

Nadat ons deur die boendoes (met ’n paar skrape hier en daar) geloop het, kom ons by wat die hangbrug was. Tot my ergernis besef ek toe dat die stukkende brug noodsaaklik vir my gerieflikheid was.

Kom ek vertel net gou iets van my: Ek is wel inderdaad, vreeslik vol nonsens, as daar iemand val is dit ek, en ek het nog nooit daarvan gehou om vuil te word nie en het veldskool natuurlik GEHAAT.

Tog probeer ek ’n front opsit terwyl alles in my skree: “Vandag is die dag waarop jy pens en pootjies in ’n rivier gaan beland.”

LEES MEER: My riller-rylesse: Die boom, die clutch en die taxi's

Hy klim met sy lang lyf maklik af tot by die riviertjie en dring toe daarop aan dat hy my aftel. Een ding wat jy nooit moet doen in die geselskap van iemand wat voorheen deel van die swaarder gemeenskap was nie, is om te aanvaar dat ons jou gaan toelaat om ons op te tel. Selfs al is ek 20 kg ligter, gee dit my byna ’n angsaanval net om daaraan te dink.

Ek besluit toe om my skoene uit te trek, te gaan sit op die rand en te hoop vir die beste. Needless to say, is dit die oomblik wat ek gewens het dat ek my ski-pants aan gehad het. Ek gly so dat daar modderstrepe oral oor my agterstewe is – tog niks op my rokkie nie (as dit die prentjie vir jou beter inkleur). Maar moenie dink die storie is verby nie. Hy begin toe so sleg voel oor die situasie waarin hy my geplaas het dat sy persoonlikheid sommer verdwyn.

Tog probeer ek ’n front opsit terwyl alles in my skree: “Vandag is die dag waarop jy pens en pootjies in ’n rivier gaan beland.”

Verder aan het ek werklik amper in die riviertjie geval (my kaalvoete het my darem gered van ’n verdere vernedering). Dit het gevoel soos ’n mini-veldskool – en dit net om met ’n uitsig ’n dekselse glasie wyn te drink.

Kom toe uiteindelik by die draad uit (o ja, vergeet om te noem dat hy wou hê dat ons onderdeur ’n draad moes klim om by die romantiese uitsig te kom), net om uit te vind dat hulle die draadheining met ’n stewiger een vervang het. Ek was eintlik diep dankbaar – want ek sou nie daardie hindernisbaan in die donker wou aanpak nie.

Elke stukkie hoop om nie vol nonsens te lyk nie, het by die deur uitgevlieg.

Hoop my stukkie vernedering bied vermaak – want al wat ’n mens eintlik kan doen, is om te lag.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.