Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Fasades op sosiale media verhoed ons om mekaar te ken
Die valse beeld van volmaaktheid wat die foto's op Instagram skep, maak 'n mens maklik mismoedig. Foto: Unsplash
Die valse beeld van volmaaktheid wat die foto's op Instagram skep, maak 'n mens maklik mismoedig. Foto: Unsplash

Sosiale media laat ons toe om ons lewe met versiersuiker te besprinkel.

Dit verbind ons in elke moontlike aspek, maar veroorsaak ook ongekende eensaamheid.

Party mense gebruik sosiale media om ’n rooskleurige beeld van hulself voor te hou terwyl hul lewe maar eintlik saai is. Ander gebruik dit om eensaamheid teen te werk en ander om met geliefdes dwarsoor die wêreld in kontak te bly.

Almal strewe daarna om gelukkig en tevrede in hulself te voel.

Almal strewe daarna om gelukkig en tevrede in hulself te voel. Sosiale media is ’n uitstekende manier om daardie beeld te skep, want aanlyn kan ons wees wie en wat ons wil. Mense kan al die negatiewe aspekte van hul lewe uitfiltreer deur eerder foto’s op die strand (wat natuurlik gecrop is met 'n filter op en sonder die wind) op te laai en nie foto’s van hul dorre tuin nie.

Ons voel moedeloos wanneer ons vervelige lewe maar sleg afsteek teen die hoogtepunte van ander. Dit veroorsaak ’n bose kringloop.

Jy sien foto’s wat iemand se lewe as volmaak uitbeeld en om by te bly laai jy ook net foto’s op van jou “volmaakte lewe”, iemand anders sien jou foto’s en so hou dit aan. . .

Die gewilde mense op sosiale media bestee baie tyd aanlyn om 'n onrealisties volmaakte beeld van hulself te probeer skep.

Verhoudings word negatief beïnvloed aangesien die druk om by die fasade by te bly ons verhoed om mekaar werklik te leer ken. Dit is ook uitputtend om konstant op hoogte te probeer bly van alles wat in almal se lewe aangaan, of liewer die snippies van hul lewe wat hulle kies om vir jou te wys.

Die gewilde mense op sosiale media bestee baie tyd aanlyn om 'n onrealisties volmaakte beeld van hulself te probeer skep.

Melinda Mieny

Ons voel soms tevrede met onsself, maar sien dan ’n foto van ’n influencer en skielik is ons ontevrede en ongelukkig met ons vervelige lewe.

Ons moet besef dat baie van die mense wat uit hul pad uit gaan om die perfekte foto op te laai die laagste selfbeeld het. My vriendin het eendag gesê: “Kyk rond in die klas, die mense wat die minste foto’s op Instagram oplaai, lyk die gelukkigste.”

Soms vra ek vir myself: “Melinda, hoekom wil jy daardie foto op Instagram oplaai?”

As my antwoord is dat ek my lewe as volmaak wil probeer uitbeeld of wil kyk hoeveel likes ek kan kry, besluit ek om nie die foto op te laai nie. Inteendeel, ek maak Instagram dan dadelik toe.

Sosiale media is natuurlik ’n uitstekende platform om vriendskappe te vorm, belangstellings te deel en veral om met geliefdes in kontak te bly. Ons moet net versigtig wees dat dit nie verslawend raak en fisieke menslike kontak en aktiwiteite vervang nie.

Hoor my lied, ek dink nie sosiale media is ’n euwel nie.

Ons gebruik dit egter nie altyd verstandig nie en party van ons raak verslaaf daaraan. Ek nooi jou uit om saam met my waaksaam te wees oor hoe en hoe gereeld jy dit gebruik.

Vra jouself, wat bepaal jou geluk: jou werklike lewe of jou en ander se vals beeld op sosiale media?

  • Melinda Mieny studeer BSc Menslike Lewenswetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.  
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Meer oor:  Mening  |  Studente  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.