Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Feminisme: 'Mans is nie vuilgoed nie'
Carmen Gropp
Carmen Gropp

Ná die langnaweek pak ek en ’n vriendin die langpad terug na Pretoria aan en raak in ’n stadium diep in gesprek oor die onderwerp van feminisme.

Soos wat die gesprek voortgaan en ons albei ons sê gesê het, kom ek agter dat een ding baie duidelik uitstaan. Die wêreld se definisie van feminisme het heeltemal verander en het nou ’n negatiewe konnotasie gekry.

Feminisme is oorspronklik die ideaal en beweging wat gelykheid tussen die geslagte wou bewerkstellig en vroue die erkenning gee wat hulle toekom.

Maar iewers in die geveg vir geslagsgelykheid het ons die doel van feminisme as ’n beweging en ideaal vergeet en sy betekenis misverstaan.

Dis nie feminisme nie!

Feminisme is nie die uitkryt van mans as vuilgoed en nuttelose wesens nie. Feministe is nie vroue wat ’n diep haat vir mans koester nie. Hulle is ook nie vroue wat glo dat hul geslag beter as mans is en dat hulle alles beter as hulle kan doen nie.

Dit behels die idee en die denke dat mans en vroue gelyk is. Dat geen vrou as ’n man se kneg of aanhangsel gesien moet word nie.

Dit behels die idee en die denke dat mans en vroue gelyk is. Dat geen vrou as ’n man se kneg of aanhangsel gesien moet word nie.

Feministe glo nie dat vroue alles beter as mans kan doen nie. Toegegee, daar is goed wat mans beter as vroue kan doen, en omgekeerd. Al wat ons vra is dat mans nie vooraf moet besluit dat vroue nie iets kan doen nie, net omdat hulle ’n vrou is nie. Gee ons die kans om vir onsself te besluit.

Stereotipering van vroue deur mans en selfs vroue wat hulself toelaat om gestereotipeer te word, is nog so alledaags dis nie eers snaaks nie.

Ek is die eerste een om te erken dat ek nie ’n goeie bestuurder is nie. Maar dis nie omdat ek ’n vrou is nie, dis bloot omdat dit nie een van my talente is nie. Ek troos myself altyd deur vir myself te sê dat ek bloot net nie die “goeie-bestuurder-geen” geërf het nie.

My ma en my suster is uitstekende bestuurders. Om parallel te parkeer is ’n grap vir dié twee en word vinnig en elegant gedoen.

My punt is, geslag het niks hiermee uit te waai nie.

Sterk vroue

Hoe hartseer is dit nie dat daar in 2019 steeds mans is wat vir sterk vroue bang is nie? Wat geïntimideer voel deur vroue wat hul man of eerder hul vrou staan in die werkplek en in hul alledaagse lewe.

Hoe kan die samelewing en sakewêreld van ons verwag om sterk vroue met ambisie te wees, sodat ons kan oorleef in die wêreld wat hulle geskep het, maar ons dan verwerp as ons net “een te veel” raak of nie “vroulik” genoeg optree nie.

LEES OOK: 'Ek is 'n man én 'n feminis'

Ons is bang vir die woord feminisme omdat dit oor die jare die verkeerde konnotasie gekry het. Geslagsgelykheid is vervang met “my geslag is beter as joune”.

My bloed kan kook as ek oor die onderwerp sit en nadink. Baie mense sal sê dat ek dit verkeerd het want dinge het al baie verander. Ek hoop hierdie mense sal self gaan nadink daaroor.

Het dinge regtig verander as mans nog steeds meer as vroue betaal word vir dieselfde werk? Het dinge regtig verander as ’n vrou se borsmaat nog steeds meer aandag kry as haar mening oor sake of as haar hormone steeds die skuld kry vir elke emosie wat sy wys?

Feminisme is nie ’n beweging of ’n mening wat daarop uit is om mans te verwoes en dan as wenners uit die stryd te tree nie. Feminisme is ’n beweging wat vir die wêreld wil wys dat vroue dieselfde waarde as mans het, dat hul menings saak maak en dat hul plek nie in die huis of by die werk is nie, maar dat dit is waar hulle wil hê dit moet wees.

Feminisme is ’n beweging wat vir die wêreld wil wys dat vroue dieselfde waarde as mans het, dat hul menings saak maak en dat hul plek nie in die huis of by die werk is nie, maar dat dit is waar hulle wil hê dit moet wees.

Moenie bang wees om jouself ’n feminis te noem nie. Dit beteken nie jy moet al jou bra’s in jou kas gaan verbrand nie en ook nie dat jy mans moet begin haat nie. Lig die mense om jou in oor wat feminisme is en hoekom dit so ’n uiters belangrike kwessie is.

Jy kan ’n man en ’n feminis wees. Almal moet van alle kante af werk om patriargie te vernietig. Dit het nie meer ’n plek in ons kerke, skole, ondernemings en politieke speelveld nie. Gelykheid, wedersydse respek en erkenning van mekaar se sterkpunte is die grondslag waarop feminisme gebou is en ons almal behoort daarna te streef.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.