Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Gestremde studente het meer hulp nodig

Geagte pres. Cyril Ramaphosa,

My naam is Lorinda Diedericks en ek wil graag my storie as ’n blinde en gehoorgestremde vrou deel. Ek is 28 jaar oud en van Pretoria. 

Lorinda Diedericks
Lorinda Diedericks

Op die ouderdom van 12 of 13 is ek gediagnoseer met Retinitis Pigmentosa, en daarmee saam Usher-sindroom, ’n senuweesiekte wat veroorsaak dat ’n mens se oog- en oorsenuwees geleidelik agteruitgaan.

My lewe het verander

In Mei 2016 het ek een oggend wakker geword en besef dat ek doof is. My ouers het my vir toetse geneem, en dit is bevestig dat Usher-sindroom my oorsenuwee beskadig het.

Deur God se genade was my regteroor ’n kandidaat vir ’n kogleêre oorplanting en al die prosedures het goed verloop. Alles het egter anders geklink en dit het my ses maande geneem om aan te pas by die elektroniese klank.

Ek is verskriklik dankbaar om weer te kan hoor, al is dit net met die een oor.

Deur God se genade was my regteroor ’n kandidaat vir ’n kogleêre oorplanting en al die prosedures het goed verloop.

Nadat ek gematrikuleer het, is my aansoek om by die Universiteit van die Vrystaat te studeer, goedgekeur.

Hulle het my egter ’n paar weke voor my klasse sou begin, in kennis gestel dat daar nie meer akkommodasie op die kampus beskikbaar is nie.

Ek was angsbevange, maar kon dit regkry om ’n kursus in toerismebestuur aan die Universiteit van Pretoria te studeer, maar hulle kon nie al my gestremdhede genoegsaam akkommodeer nie.

LEES MEER: 'Ek sal vir ewig wil lewe'

Sommige dosente sou byvoorbeeld saamwerk en my FM-stelsel saam met hulle ronddra soos hulle in die klas rondbeweeg, terwyl die meeste die stelsel op hul tafel gelos het as hulle in die klas rondbeweeg het.

Dit het veroorsaak dat ek belangrike inligting misloop en dat ek akademies sukkel.

Nadat ek my studie by die Universiteit van Pretoria gestaak het, het ek ’n rekenaarvaardighede- en inbelsentrumkursus deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes voltooi, waarna ek werk begin soek het.

Dit sal ook baie waardeer word as daar verseker kan word dat alle eksamenlokale ten volle toegerus is met die nodige ondersteunende toestelle.

Dit was onsuksesvol. Een maatskappy wou byvoorbeeld nie die gespesialiseerde dubbelkopstuk aankoop wat blindes help om die telefoon te antwoord sonder dat die inbeller nie die skermleser se stem hoor nie. Dit het my egter nie ontmoedig om verder te gaan leer nie.

In 2012 het ek by Unisa geregistreer en uitstekend gedoen. Alhoewel dit my vyf jaar geneem het, het ek my BA graad in sielkundige berading met lof geslaag, waarvoor ek God al die eer gee.

Ek gebruik ’n skermleser, die sogenaamde Non Visual Desktop Access (NVDA) om na my studiemateriaal te luister, waarna ek my opdragte en eksamens elektronies voltooi.

Ek gaan nie moed opgee nie!

Daar was, en is steeds, baie hindernisse op my pad na sukses, maar ek gaan nie moed opgee nie. Ek beplan om in 2019 bedryfsielkunde te studeer en ek hoop om daarna my B Com-honneurs te doen.

Ek het goeie ondersteuning gekry by Unisa se The Advocacy & Resource Centre for Students With Disabilities (ARCSWiD), die Voorspraak en Hulpbronsentrum vir Studente met Gestremdhede, maar ek voel dat die staat meer mense by verskillende universiteite, veral Unisa, kan aanstel wat mense met gestremdhede doeltreffender kan ondersteun.

Alhoewel ek meestal op elektroniese studiemateriaal staatmaak, het ek agtergekom dat weens ’n tekort aan personeel, die meeste blinde studente maande wag vir hul studiemateriaal en dan nie behoorlik vir hul eksamens kan voorberei nie.

Ek beplan om in 2019 bedryfsielkunde te studeer en ek hoop om daarna my B Com-honneurs te doen.

Dit sal ook baie waardeer word as daar verseker kan word dat alle eksamenlokale ten volle toegerus is met die nodige ondersteunende toestelle.

Daar is ook soms probleme met die rekenaars, dit is dus belangrik om gereeld op te dateer na die nuutste sagteware.

Die meeste blinde studente is afhanklik van rekenaars met skermlees-sagteware vir eksamens en dit sal die spanning baie verlig as daar kragopwekkers beskikbaar is gedurende kragonderbrekings, wat dikwels weens kabeldiefstal gebeur.

LEES OOK: Reik na die sterre, maak foute en leer soveel jy kan

Die algemene publiek is onkundig en het die verkeerde persepsie van gestremde mense in Suid-Afrika.

Baie dink gestremdes is nie intelligent nie, of lui en waardeloos, maar die teendeel is waar – gestremdes is dikwels dié wat meer vasberade en vasbeslote is om suksesvol te wees, maar het dikwels ’n gebrek aan geleenthede om hul drome te bewaarheid.

Dit sou dus hartverskeurend wees om te sien dat meer en meer gestremde studente ontmoedig word om te studeer en voorspoedig te lewe weens die gebrek aan gelyke geleenthede.

Ek is mal oor Suid-Afrika en sal so dankbaar wees as meer aandag gevestig kan word op die omstandighede waarin gestremde studente moet leef en studeer, en om sodoende multikulturele inklusiwiteit aan te moedig

My pleidooi is dat jy, meneer die president, saam met al die ander partye probeer om meer ondersteuningstelsels vir gestremde studente in Suid-Afrika te ontwikkel. Soos om die meeste hulptoestelle te subsidieer en sodoende die finansiële las op gestremdes te verlig.

Ongeskiktheidstoelae is dikwels nie genoeg om die toestelle ten volle te dek nie.

Ons kort ook aandag

Ek is mal oor Suid-Afrika en sal so dankbaar wees as meer aandag gevestig kan word op die omstandighede waarin gestremde studente moet leef en studeer, en om sodoende multikulturele inklusiwiteit aan te moedig.

Ek is so dankbaar teenoor die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) wat my BA-graad by Unisa gefinansier het, maar sal dit waardeer as hulle in die toekoms ook meer modules vir nie-graad-doeleindes kan finansier.

Ek vertrou dat jy die brief inspirerend sal vind en dat die gestremde gemeenskap op die Suid-Afrikaanse regering kan steun om ’n beter môre vir ons land te verseker.

Vriendelike groete,

Lorinda Diedericks

  • Lorinda Diedericks (28) het haar graad in sielkundige berading deur Unisa behaal en met lof geslaag. Sy kom oorspronklik van Pretoria.
  • Hierdie brief is oorspronklik in Engels geskryf. Om die Engelse weergawe te lees, klik hier.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir The Student's Best Cyril ... kompetisie.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.