Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Die klaskamer is gevaarlik, maar ek wil steeds 'n onnie word'
Goliath Ponie
Goliath Ponie

Die begin van die 2019-skooljaar het op ’n baie hartseer noot begin.

Die eerste insident van die jaar was die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark – hierdie tragedie het ons almal geruk. Ons hoop dat die departement van basiese onderwys, in samewerking met die regering, sal seker maak dat die veiligheid by ons skole ’n prioriteit bly.

’n Ander kommerwekkende element in ons skole is geweld – sekerlik nie iets nuuts in die Suid-Afrikaanse gemeenskap teen dié tyd nie.

Ons sien nie net vreeslike en onaanvaarbare gedrag nie – ons het ook baie lewens só verloor. Wie moet die skuld dra en wat moet ons hieraan doen?

Nog ’n belangrike insident wat genoem moet word, is dít wat by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes gebeur het.

Die meeste mense het dadelik negatief reageer – ’n mens kan verstaan hoekom as jy kyk na ons land se sensitiewe verlede. Hier is wel ’n les te leer – om nie die individu te beskuldig voordat jy die feite, redes en verduidelikings het nie.

Ek wil steeds ’n onnie word

Ondanks al hierdie dinge het ek tog besluit om vanjaar my nagraadse sertifikaat in hoër onderwys te voltooi nadat ek my studie in teologie voltooi het.

My hoop is om betrokke te wees by die lewe van kinders en dan later by die kerk. Ek het al baie vir myself gesê as om te preek oor geldmaak gaan, dan wil ek nie ’n predikant wees nie. Ons sien dit te veel in die samelewing, die Woord wat gebruik word vir persoonlike gewin.

Ek het later besef dat hierdie reël op die onderwys ook van toepassing is, net op ’n heel ander manier. As jy nie onvoorwaardelik lief is vir kinders nie – die hoofprioriteit as jy ’n onderwyser is – pak jou tassies en moet nooit weer terugkyk nie. Want sonder hierdie liefde rig jy dalk meer skade aan.

Is onderwys nog ’n waardige studierigting?

Opvoedkunde kan nie net gesien word as ’n opleidingsproses en die opbou van kennis nie.

Dit moet kinders leer om onafhanklike denkers te wees, hulle toelaat om die inhoud wat vir hulle geleer word, te beoordeel en te kritiseer. Want dit is waaroor ware onderwys gaan. Dit moet jou vryheid gee.

LEES OOK: Onderwysstudent: 'Dis te maklik om te slaag op skool'

Iets wat ek by baie mense sien – en dis nou nie almal nie – is dat die onderwys nie meer ’n waardige studierigting beskou word nie. Wat my hartseer maak, is dat selfs studente wat dit studeer, daarmee saamstem (en dis weer eens nie almal nie). ’n Mens moet dan wonder, wat doen hulle hoegenaamd in hierdie studierigting?

Ons het ware onderwysers nodig

Daar is ’n belangrike ding wat studente moet onthou: As jou waardestelsel verkeerd is, gaan jy nooit ’n goeie onderwyser wees nie, maak nie saak hoe goed jy in jou studiejare gedoen het nie.

Hierdie professie het onderwysers nodig wat onselfsugtig en tot die beste van hulle vermoë klasgee – iemand wat nie individue voor hulle sien nie, maar ’n hele generasie wat sal aanhou werk en ’n positiewe bydrae tot die samelewing en wêreld sal maak.

Ek wil die volgende paar vrae aan onderwysstudente vra:

  • Hoe het jy tot hier gekom?
  • Waarmee is jy besig?
  • Gaan dink weer waarvoor dit gaan.
  • Wat gaan jy hieruit kry?

Hierdie vrae het my deur my persoonlike reis baie gehelp en ek glo dat dit vir ander ook kan leiding gee. Onthou, die verantwoordelikheid berus op ons vir inklusiewe, regverdige en gehalteonderwys.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.