Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
God gee my ’n 2de kans met inperking
Marika Bekker
Marika Bekker

Ek was altyd daardie persoon wat gesê het: “Dit gaan goed dankie, ek is net mal besig.” En: “Ja, ons moet gaan koffie” en dan nooit daarby uitkom nie of eers weke daarna onthou dat ek belowe het dat ek sal tyd maak daarvoor.

Ek was vir so lank vasgevang in die verkeerde persepsie dat hoe meer ek het om te doen en hoe besiger ek is, hoe meer waardig sal ek wees om liefde te ontvang van die mense rondom my.

Hoe meer prestasies ek bereik het, hoe meer kon ek van myself hou. Hoe langer my CV is, hoe belangriker is ek as mens.

Maar nadat ek eendag in die spieël gekyk het en ek myself nie meer herken het nie, het ek besef daar is iets drasties verkeerd in my lewe.

Ek het in my soeke na oppervlakkige aanvaardig nie meer tyd gemaak vir my vriende nie en ook nie vir my familie nie. Ek het nie tyd gemaak vir die verhoudings waarin ek was nie.

Ek het in my soeke na oppervlakkige aanvaardig nie meer tyd gemaak vir my vriende nie en ook nie vir my familie nie.

Hel! Ek het nie eens tyd gemaak vir myself nie. Die belangrikste is dat al tyd wat ek vir God gehad het, was om Sondae kerk toe te gaan, en te bid as ek stres voor ’n onderhoud. Glo my, as jy op die Puk en deel van strukture is, is onderhoude ’n weeklikse gebeurtenis.

Ek het die “besig”-verskoning ook gebruik vir myself as ek konflik en trauma in my lewe moes hanteer. Ek het aan myself gesê ek sal met dit deal as ek tyd het of as die “tyd reg was”.

Daardeur het ek myself so emosioneel uitgeput en soveel emosies opgebou dat dit gevoel het of ek enige oomblik sou bars en dan moontlik iemand onskuldig sou klap of op hulle sou skree omdat ek eintlik kwaad was vir myself. Kwaad omdat ek toegelaat dat ek myself verloor het iewers tussen prestasies, omstandighede en wat mense van my dink.

LEES OOK: Maak die beste van dié tyd by jou ouers

Ek was so moeg, ek het myself gemis en ek het God gemis. Al die emosies het daartoe gelei dat ek een aand in die stort staan, my hart uit huil en vir God vra: “Here, wat doen ek nou? Hoe keer ek my lewe om en hoe maak ek op vir al my foute?”

God se antwoord was sag, maar duidelik: “Leer My opnuut ken en ervaar my liefde.” Wat beteken ek moes tyd maak vir dit wat regtig belangrik is in die lewe.

Nog 'n kans om op te maak

So nou sit ek hier in my kamer terwyl ek country luister en die meningstuk skryf en ek besef dat die lockdown vir my ’n tweede kans gegee het: ’n Geleentheid om weer uit te reik na my vriende, al video call ons in plaas daarvan om te gaan koffie.

Ek kan jammer sê vir die mense wat ek seergemaak het omdat ek te besig was om daar te wees vir hulle. Ek kan jammer sê vir die mense wie ek nie toegelaat het om my lief te hê nie omdat ek nie tyd gehad het om met die emosies te deal wat daarmee gepaard gaan nie.

Ek het nou tyd om te leer dat God se liefde al liefde is wat ek nodig het in die lewe.

Ek het nou tyd om saam met my familie te spandeer. Ek was eerlik eerder verlig toe die lockdown uitgestel is, want nou het ek tyd om op te maak vir verlore tyd saam met my familie en God. Ek kan daagliks Bybelstudie hou en leer dat “love an inside job” is, maar dat jy net lief kan wees vir jouself as jy God lief het.

Ek het nou tyd om te leer dat God se liefde al liefde is wat ek nodig het in die lewe.

Ek kan Monopoly speel saam met my familie, saam met hulle lag en kos maak. Ja, lockdown is sleg vir ons ekonomie, ons studies, en al die ander redes, maar ek dank God vir my tweede kans.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.