Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
God het jóú gekies, mnr. Ramaphosa

Geagte meneer Ramaphosa,

Ek is ’n student aan die Noordwes-Universiteit, en doen tans my honneurs in GR. Ek het in Pretoria grootgeword en is 22 jaar oud. My naam is Quentin van den Bergh.

Quentin van den Bergh
Quentin van den Bergh

Jy weet nou amptelik meer van my as wat ek van jou weet. Dit klink dalk soos ’n gewaagde stelling, maar die realiteit is dat ek nie regtig ons land se mediaberigte volg nie.Hulle stel goeie mense in ’n slegte lig vir hul eie selfsugtige gewin. Wat ek wel weet, is dat God jou in hierdie posisie aangestel het. Dit is ’n profesie wat reeds gemaak is, selfs voordat Zimbabwe sy nuwe president gekry het. Ek staan agter jou, Meneer.

'Ek glo in ons land' 

Ek glo in die goedheid van hierdie land. Ek glo dat ons land soveel skoonheid het, en nie net in die natuur nie maar ook versteek in elke mens.

Ek is wel ook daarvan bewus dat dít nog nie die realiteit van die land beskryf nie.

Maar daar is ’n honger en ’n noodkreet in die mense om te verenig.

Ek glo dat ons net nog nie weet hoe nie. En ek blameer hulle nie – daar is te veel stemme sonder outoriteit wat steeds toegelaat word om die mense van hierdie land te beïnvloed.

Ongelukkig kan hierdie invloed met gif vergelyk word. Hulle vergiftig die mooi mense van hierdie land met hul dodelike woorde, hul bedrieglike leuens, en dit spruit alles uit hul eie pyn.

Ek glo in die goedheid van hierdie land. Ek glo dat ons land soveel skoonheid het, en nie net in die natuur nie maar ook versteek in elke mens.

Ek is jammer vir die pyn en verwoesting wat mense voor ons gesaai het. Dit was geensins regverdig nie, en dit kan ook nie geregverdig word nie. Steeds probeer hierdie jonger generasie dit herstel.

Ons probeer veelrassige verhoudings bou, en soek vir die skoonheid wat daar in elkeen is. Ongelukkig is ons oordeel verdraai en verander deur stemme vol haat.

Stemme van ouer mense wat nog seer het, en in die proses beseer hulle verder en bou op die verwoesting van die verlede.

Ons is verblind deur jong leiers wat nie oud genoeg is om die pyn te onthou nie, maar wat steeds woorde van die dood oor hierdie land spreek. Ja, oor óns land.

LEES OOK: Versoening is harde werk

Meneer Nelson Mandela is ’n inspirasie en die land waarin ons nou woon, is nie die land waarvoor hy geveg het nie. Dis ook nodig om te noem dat hy ook dinge gedoen het wat verkeerd is.

Nie om hom te inkrimineer nie, maar net om te wys dat hy ook ’n mens is.

Ek wonder of meneer Mandela, as hy die land nou kon sien, weer deur dieselfde moeite sou gaan.

As ons kyk na sy karakter en aard as leier, kan ek my net indink hoe seer dit hom moes maak om al daardie dinge te doen wat so in teenstelling is met die karakter wat ons leer ken het.

En steeds is dít hoe die land hom bedank. Dit is die dankbaarheid wat sy eie mense aan hom bewys vir al sy moeite.

Is dit regtig vryheid? 

Deur te steel, hul eie mense dood te maak vir selfsugtige redes, en dan weg te kruip agter ’n sogenaamde geregverdigde rede.

Ek wonder of meneer Mandela, as hy die land nou kon sien, weer deur dieselfde moeite sou gaan. Want ons woon in ’n land wat slegter af is as voorheen, al dink ons ons is vry.

Ek bedoel nie om negatief te wees nie. Maar voordat ons kan verder gaan, moet ons uitlig waar ons nog tekortskiet. Meneer Ramaphosa, selfs al is dit teenstrydig met wat die media glo – ek, ’n wit man in Suid-Afrika, glo in jou.

LEES OOK: Cyril, skryf jou eie storie.

Ek glo jy, as wêreldklasleier, kan ons land verander. ’n Leier wat met integriteit kan lei.

’n Parlement vry van korrupsie, chaos en selfsugtige ambisies. ’n Land waar politieke leiers respek het vir die mense. ’n Land waar leiers vrede saai, liefde vir my reënboog-broer en -suster.

Ek glo jy, as wêreldklasleier, kan ons land verander. ’n Leier wat met integriteit kan lei.

’n Land waar almal gelyke geleenthede het.

Gelyke geleenthede wat almal die gevoel van bevrediging gee wanneer hulle ’n posisie bereik, en ons nie laat wonder of ons dit bereik het deur harde werk, en of dit eerder die kleur van ons vel was wat ons hier laat beland het nie.

Meneer Ramaphosa, namens ’n baie verwarde Suid-Afrika: Help ons asseblief sodat ons mekaar weer lief kan hê.

Help ons om die goedheid in elke mens in ons land te sien, sonder om geblameer te word deur die leiers wat veronderstel is om ons te beskerm.

Meneer Ramaphosa, namens ’n baie verwarde Suid-Afrika: Help ons asseblief sodat ons mekaar weer lief kan hê.

Help ons sodat ons vertroue kan hê in die besluitnemingsenjin van ons land, waar mense van verskillende politieke partye strewe om die land en sy mense te dien, en nie net hul eie belange dien nie.

Dankie, meneer Ramaphosa, dat jy bereid is om voor te vat, want om ’n goeie leier te wees is seker een van die moeilikste dinge om te doen.

Maar God het jou gekies, en ek stem vir jou. Jy kan dit doen. Dankie, Meneer.

Vriendelike groete,

’n Trotse burger

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.