Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Gooi daai suurlemoene in jou gin
Jana Van Rooyen
Jana Van Rooyen

Ek sit die week by die tandarts en blaai deur ’n ou Glamour-tydskrif. Ek kom op ’n artikel af wat gaan oor verneukery.

Met Cher se “Strong Enough” wat nog in my ore suis van dit kliphard in my kar luister die afgelope vier dae, dink ek aan die week vantevore, toe die sogenaamde liefde van my lewe my vertel dat hy my verneuk het.

Hy was dronk, dit het net gebeur, dit het niks beteken nie, hy is vreeslik jammer, ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts.

Ek het omgedraai, sonder ’n woord huis toe gery in my ou rooi skedonk en dit was die laaste wat ek van my eerste liefde gesien het.

En net daar word ek deel van Glamour se statistieke dat die meeste mans hul meisies verneuk.

Voordat jy as leser ophou lees, hierdie stuk is nie ’n bitter aanval op mans of op hom nie en ek brand definitief nie op hierdie oomblik my bra saam met ’n groep feministe wat my aanpor nie.

Dit is ook nie ’n poging om sy vuil wasgoed in die publiek te laat wapper nie, maar feite is feite.

Met Cher se “Strong Enough” wat nog in my ore suis van dit kliphard in my kar luister die afgelope vier dae, dink ek aan die week vantevore, toe die sogenaamde liefde van my lewe my vertel dat hy my verneuk het.

Hy lees in elk geval nie die nuus nie.

Dit is ’n getuienis dat, soos die geliefde Ingrid Jonker gesê het in ’n brief aan die man wat haar óók verneuk het – die Here se dice rol anders.

Maar hoe nou gemaak as jou dice nie net val nie, maar sommer van die tafel af donder?

Wraak ’n mors van tyd

Ek het darem nog nie die Wes-Kaap se damme gevul met my trane nie en ek het ook nog nie my gewig in Woolies se Chuckles geëet nie.

Of dit te danke is aan skok, my koue hart of die afwesigheid van ’n special op hierdie hemelse tjoklitballetjies, sal ons nooit weet nie.

LEES OOK: Pasop vir dié woorde: 'Ek is lief vir jou'

Marita van der Vyver se boek Dis koue kos, skat het my tot die insig laat kom dat deur jou wraak op die drol (ek hoop ’n mens mag drol sê op Netwerk24, ek het in elk geval klaar donder gesê) te beplan, onnodig jou tyd opneem en dat dit futiel sal wees om nog van jou kosbare tyd aan ’n hopelose saak te bestee.

Maak ’n kopskuif van Marita na Frozen en LET. IT. GO. My ma sê altyd dit help nie jy drink gif en hoop iemand anders gaan dood nie. Julle sal van my ma hou, sy is regtig cool.

Maak ’n kopskuif van Marita na Frozen en LET. IT. GO. My ma sê altyd dit help nie jy drink gif en hoop iemand anders gaan dood nie. Julle sal van my ma hou, sy is regtig cool.

Jy sal verbaas wees oor al jou vrye tyd as jy nie jouself hoef te bekommer oor waar jou beter helfte is nie, met wie hy praat, saam met wie hy is, hoekom jy vyf uur laas van hom gehoor het en hoekom hy aanhou om vir jou gebraaide tamaties te voer as hy weet jy hou nie daarvan nie.

Die regte persoon sal jou ook nie laat wonder nie.

Die nuwe geneigdheid in my generasie is om direk ná universiteit te trou voordat jy nog skaars jou eie potjie gekrap het

LEES OOK: Pasop om liefde en verliefdheid te verwar

As dit jou ideale lewe is, het ek nie oordeel nie. Ek het ook gedink ek gaan op 22 in my finale jaar van my BA LLB-graad wees en dat ek darem sal weet hoe om ’n witsous te maak.

Nie een van hierdie twee drome het gerealiseer nie, maar einde Maart sal my Instagram-blad spog met foto’s waar ek in die suide van Frankryk soek vir werk op ’n seiljag.

Die lewe gaan aan

So, aan die dame of jong man wie se hart in skerwe gelaat is: Die lewe gaan aan.

Alles is ’n leerproses en ’n groeiproses. Weet dat dit ongemaklik en seer is en ’n mens voel soms asof daar nie genoeg rooiwyn in die wêreld is om jou sorge weg te neem nie.

Nie almal is lekker mense soos jy nie.

Ek en die eks is op goeie voet. Ek wil nie sy gesig uit al ons foto’s knip of ’n bonfire maak met al sy besitting nie, want hy was die eerste man op wie ek my hart verloor het en is dalk ook die enigste man wie se borshare vir my sexy sal wees.

So, aan die dame of jong man wie se hart in skerwe gelaat is: Die lewe gaan aan. Alles is ’n leerproses en ’n groeiproses. Weet dat dit ongemaklik en seer is en ’n mens voel soms asof daar nie genoeg rooiwyn in die wêreld is om jou sorge weg te neem nie.

Hy is ’n talentvolle aspirant-argitek wat nog groot hoogtes gaan bereik. Ek gaan sy ouers en sy honde mis. Ek sal ook vir altyd vir Arsenal skree.

Wag ek vir my volgende ridder op ’n wit perd? Nee, dankie. Ek ag dit nou as rillers in wit Ford Fiestas.

Ek gooi saam met Destiny’s Child en al die ander independent women my hande in die lug op.

Ek klink ’n glasie double-shot gin propvol suurlemoene op hom, op my en op die afgelope twee en ’n halwe jaar.

  • Jana Van Rooyen (22) het verlede jaar haar BA Regte-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy is tans besig met 'n Veiligheid by die See-kursus (STCW) by die Waterfront. 
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees meer meningstukke hier
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.