Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Groenoog-monster verswelg my – vir ’n ruk

Die wêreld is my oester, maar hy was my wêreld.

Nou is dit duidelik – ek was besig om ’n monster te koester. Is die liefde dan regtig so blind? Hoe kon ek myself toelaat om te val?

Ek weet dit staan bekend as jaloesie, maar in hierdie geval simboliseer dit soveel meer; sy grou oë waarin ek verdwaal het.

Megan Adendorff, Universiteit van die Wes-Kaapland
Megan Adendorff, Universiteit van die Wes-Kaapland

My bestie het later Babe geword en dit het soos elke woord van Kurt Darren se “Hemel op Tafelberg” gevoel.

Ek het gemaklik geraak daarmee om op wolke te swewe.

Ek kon nie glo dat daar ’n punt aan my sprokie gesit is nie.

Ek wou nie aanvaar dat die hoofstuk afgesluit is, die boek klaar geskryf is en dat ons twee se uurglas leeggeloop het nie.

Ná die val aarde toe het ek gebly, al het hy my met elke sekonde wat verbygegaan het, ’n rede gegee om op te pak en te gaan.

Ek kon net nie opgee op wat ek geglo het vir altyd moes hou nie, maar as ek nou met nugter denke terugkyk, besef ek die vervaldatum op ons vriendskap en verhouding was nog altyd daar.

As ’n mens verblind word deur die liefde, raak jy soort van kleurblind.

Dis so asof jy alles behalwe die rooi vlaggies raak sien. My eerste groot liefde, my beste vriend, het my stuk vir stuk, dag vir dag meer en meer van binne afgebreek.

Hy het my met verskillende wapens aangeval. Koeëls van leuens, en gebroke, leë beloftes. Messe van verraad in my rug, maar sy sweep, sy sweep het die seerste geslaan. Sy tong het hy gebruik as ’n sweep en daarmee het hy my verniel en verneder.

Ek was alleen. In daardie oomblik het ek my beste vriend en my kêrel verloor. In daardie tyd was ek ook besig om myself by die dag te verloor. Ek het myself later nie meer herken nie. Fisiek, geestelik, emosioneel – daar was niemand tuis nie.

Hoewel hy my verlaat het, was hy oral. Ek het hom gehoor in liedjies; gesien in flieks.

Ek kon hom net nie uit my sisteem kry nie. Die pyn was heeltemal te veel vir my. Dit het gevoel asof ek kon doodgaan. Ek kon nie meer onderskei tussen dag en nag en winter en somer nie.

Alles was swaar, alles was pynlik, alles was somber en absoluut niks het sin gemaak nie. Ek kon net nie meer aangaan nie en het vir ’n oomblik gedink ek sou sterf aan ’n gebroke hart.

Toe nou nie.

Die duiwel het belowe dat waar God opbou, sal hy altyd probeer afbreek.

Die groenoogmonster het gedink hy het my verwoes, en my dit ook laat glo, maar ek onthou.

Die duiwel het belowe dat waar God opbou, sal hy altyd probeer afbreek. Dis toe dat ek besef ek moet terugbaklei. Ek moet my selfrespek herwin.

Depressie was die groenoogmonster se maatjie. Vir die eerste paar jaar het hulle dit reggekry om my te verniel. Ek het geen hoop, geen drome vir myself gehad nie. Depressie was erger as die groenoogmonster. Sy het my tien keer seerder gemaak as wat hy het, maar hulle het te min gebring vir die Here, want Hy het my weer op my voete laat land.

  • Megan Adendorff studeer kuns aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instragram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video!

Meer oor:  Media24  |  Mening  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.