Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Grondslagfase kort dringend hulp
Carla Smith
Carla Smith

Geagte pres. Ramaphosa,

my naam is Carla Smith en ek het my derde jaar as onderwysstudent vir die grondslagfase geslaag aan die Universiteit van Pretoria.

Elke keer as ek vir iemand sê ek studeer om ’n onderwyseres te word vir klein kinders tussen die ouderdom van vier en nege, hoor ek gewoonlik die volgende woorde: “Eerder jy as ek.

Ek het nie die geduld daarvoor nie.” Ek dink nie almal besef eintlik die groot en onmisbare rol wat ’n grondslagfase-onderwyser speel in die leerlinge se toekoms nie.

As ’n volwassene dalk terugdink na hul grondslagfase onthou hulle tien teen een net dat hulle prentjies geteken, liedjies gesing en met hul maatjies gespeel het.

Hulle onthou nie hoe hul onderwyseresse hulle geleer het om ’n potlood korrek vas te hou, hoe om letters te klank en hoe om te lees nie.

LEES OOK: 'Ek is bang om 'n onderwyser te word'

Selfs al het jy gedink jy kan nie iets regkry soos om die som 2+2=4 te doen nie, het jou onderwyseres nooit opgegee nie.

Sy het aangehou om dit aan jou te verduidelik met blokkies, klippies of appels, totdat jy dit verstaan het.

'n Belangrike fondasie word geskep

Daarom is iemand vandag ’n voorste wiskundige, net omdat sy of haar juffrou nooit opgegee het nie. Sonder hierdie basiese vaardighede sou ons as volwassenes dalk nie gewees het waar ons vandag is nie.

Is die grondslagfase tog nie die basis van alles nie? Sou ’n mens matriek kon slaag as jy nie eers kan lees of skryf nie?

Hierdie jaar het ek die ongelooflike voorreg gehad om een keer per week vir ’n uur lank individueel met ’n gr. R-leerling te werk. Dit klink heel eenvoudig.

Sonder hierdie basiese vaardighede sou ons as volwassenes dalk nie gewees het waar ons vandag is nie.

Hoe moeilik kan dit tog wees om met ’n gr. R-leerling vir ’n uur “te speel”? Tot my verbasing het ek besef dat die leerling en ander leerlinge in die groep nie basiese take kon verrig soos om ’n driehoek te teken, ’n eenvoudige legkaart te bou of selfs hul naam te kan skryf nie.

So waar lê die probleem?

LEES OOK: Beste Cyril, onderwysers verdien meer respek

Die skool was net ’n paar kilometer verder as die skool waar ek skoolgegaan het, asook ander skole waar ek leerlinge in die klaskamers waargeneem het.

Daardie leerlinge kon bogenoemde take doen. Die verskil is egter in die hulpbronne wat tot die onderwysers se beskikking is.

’n Mens kan sien dat die onderwysers hul bes probeer om vir die leerlinge gehalteonderrig te gee met die hulpbronne wat hulle het.

’n Mens kan sien dat die onderwysers hul bes probeer om vir die leerlinge gehalteonderrig te gee met die hulpbronne wat hulle het.

Soos wat dié leerlinge gaan aanbeweeg na volgende grade met groter klaskamers met meer leerlinge gaan dit vir die onderwysers moeiliker word om individuele aandag aan die leerlinge te gee.

Ek as ’n student leer nog die onderwys ken, maar ek het ’n voorstel.

Meer opleiding in Suid-Afrika

Suid-Afrika moet meer grondslagfase-onderwysers oplei. Om dit te reg te kry gaan egter nie maklik wees nie.

Daar is natuurlik die ewige probleme soos onderwysers wat te min betaal word, of studies wat te duur is. Ek weet dat daar beurse aan onderwysers toegeken word, soos die Funza-beurse.

As die begroting dit toelaat kan nog meer beurse toegeken word en selfs opleidingsprogramme. As jy ’n onderwyser word doen jy dit omdat jy ’n passie daarvoor het en nie omdat jy baie geld wil verdien nie.

As jy ’n onderwyser word doen jy dit omdat jy ’n passie daarvoor het en nie omdat jy baie geld wil verdien nie.

Die probleem is dat verskeie studente se passie wel by onderwys lê, maar dat hulle voel hulle nie ’n bestaan sal kan maak op die huidige salaris nie.

So verloor Suid-Afrika onderwysers wat eerder besluit om rekenkundiges te word.

’n Ander aspek is die omstandighede van die skole.

LEES OOK: Gee onnies die respek wat hulle verdien

Een skool se vensters is gebreek en het nie genoeg banke vir al die leerlinge nie.

’n Paar kilometer verder is daar ’n skool met vensters met pragtige gordyntjies en houttafels wat nog blink van die vernis. Die droom sal wees dat elke skool dieselfde hulpbronne het.

'n Veilige omgewing vir leerlinge

Ons wil tog ’n veilige en aangename omgewing skep vir die leerlinge om te leer en te droom oor wat hulle eendag wil word met hul wonderlike opvoeding.

As Suid-Afrika soveel as moontlik passievolle onderwysers in die skole kan plaas, kan die leerlinge hul volle potensiaal bereik.

As ons nie aandag hieraan gee nie, kry die leerling wat dalk eendag president kan word, nie die onderrig wat hy of sy verdien nie.

Klaskamers met 40 leerlinge kan verminder word tot 20 of ’n assistent-onderwyser kan die onderwyser help.

Onderwys is my passie omdat kinders my passie is en my hart se punt. Die droom is om vir elke leerling sy geleentheid te gee om te groei en te leer.

Dit kan egter nie plaasvind sonder gehalteonderrig nie. As ons nie aandag hieraan gee nie, kry die leerling wat dalk eendag president kan word, nie die onderrig wat hy of sy verdien nie.

Groete

Carla Smith

  • Carla Smith (21) studeer onderwys (grondslagfase) aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Pretoria.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.