Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Onderwysstudent: 'Dis te maklik om te slaag op skool'
Romano Claassen.
Romano Claassen.

As ’n finalejaar-onderwysstudent is ek baie bekommerd oor ons onderwysstelsel, want dit is my toekomstige beroep.

Elke keer word die slaagsyfers verander en hoe meer dit gebeur, hoe minder hardwerkend raak leerlinge op skool.

Deesdae het leerlinge in ons skole dit so maklik. Hulle links en regs na die volgende graad oorgeplaas.

Die slaagvereistes is reeds so laag. Ongeag die lae slaagsyfer en vereistes, presteer ons leerlinge steeds nie so goed nie of slaag eenvoudig nie.

Baie van ons leerlinge kry nie toelating tot universiteit nie weens hul vrot punte.

Tot jou redding

Soms kan dit wees dat sommige leerlinge se ouers afwesig is in hul lewens, maar dis nie ’n verskoning nie.

Ja, soms het ons leerlinge daardie bietjie motivering, liefde en omgee nodig wat ’n hupstoot en aanmoediging vir hulle kan wees om hul beste op skool te lewer.

Ja, soms het ons leerlinge daardie bietjie motivering, liefde en omgee nodig wat ’n hupstoot en aanmoediging vir hulle kan wees om hul beste op skool te lewer.

Aan die ander kant, verlaat baie van ons leerlinge die skool en verkies hulle om by die huis te bly of om te gaan werk, omdat hulle geen drome of vooruitsigte het nie.

Maar dis nie die einde van die wêreld nie.

LEES OOK: Reik na die sterre, maak foute en leer soveel jy kan

Iewers moet jy vir jouself begin opstaan.

Iewers daarbuite is daar iemand wat jou potensiaal raaksien en tot jou redding sal kom en jou sal help waar hulle kan.

Moet nooit skaam of te trots wees om hulp te vra nie, want jy doen dit vir jouself.

Inspirasie

Ons regering maak dit reeds so maklik om te slaag. Sit alles in en gryp die geleenthede wat die onderwysstelsel vir bied met albei hande aan.

Ek is nie juis ’n voorstander van hierdie stelsel nie, want in my dae was dit nie soos nou nie, maar as die geleenthede jou aangebied word, maak gebruik daarvan!

Onthou, jou ouers maak staat op jou.

Jou toekoms is helder. Wees daardie inspirasie vir ander, sodat hulle na jou kan opkyk en in jou voetspore kan volg.

Die lewe daar buite is nie juis maklik nie, maar as geleenthede jou kant toe kom, maak gebruik daarvan.

Jy sal nooit weet waar jy jouself bevind in die toekoms, as jy nie gebruik wat die lewe vir jou gee nie.

Jou toekoms is helder. Wees daardie inspirasie vir ander, sodat hulle na jou kan opkyk en in jou voetspore kan volg.

  • Romano Austin Bradley Claassen (22) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.