Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Help, die kwartlewekrisis is hier!
Marelize Vermeulen.
Marelize Vermeulen.

Die afgelope paar dae het ek reëlings begin tref vir my verjaarsdag.

Niks buitengewoon nie. ’n Ete saam met my gunstelingmense wat naby bly en ’n daguitstappie om ’n bietjie te verdwyn en my foon af te sit.

“Same procedure as every year James.”

Ek hou van verjaar en meer daarvan om nie die dag op my selfoon deur te bring nie.

Ek dink hierdie hele krisis gaan eintlik oor adulting.

Maar dié jaar is dit anders, want ek word ’n kwarteeu oud. Wanneer het dit gebeur? Ek voel ewe skielik oorval met emosies.

Sommige mense noem dit ’n ‘kwartlewekrisis’.

’n Kwartlewekrisis word gekenmerk deur die gevoel van minderwaardigheid en dat jy nie bereik het wat jy op dié ouderdom al wou gehad het nie. Dit gaan gepaard met ’n gevoel van eensaamheid en dat jy nie lekker in die grootmenswêreld inpas nie.

Ek dink hierdie hele krisis gaan eintlik oor adulting.

Ek dink ek adult nogal goed: Ek kan myself voed en ek eet selfs elke nou en dan groente saam met my vleis. Ek dink eintlik ek het hierdie adulting-ding goed onder die knie, al moet ek nou maar self so sê.

LEES OOK: Nie almal se pad ná skool loop dieselfde nie

Maar wat is die sosiale verwagting deesdae van iemand wat 25 word?

’n Graad, ’n werk, getroud met twee en ’n halwe kinders, ’n Volkswagen-bussie en ’n goudvis?

Van daardie lys kan ek net een ding afmerk.

Ek het vriendinne en vriende wat op my ouderdom hierdie lysie baie goed kafgedraf het en dan het ek vriendinne wat op 30 ook net een of twee van dié mylpale behaal het.

Hoe belangrik is die simpel boksies nou regtig?

Ek was nog nooit ’n boksie-mens nie. Ek het nog altyd ’n wil van my eie en kies gewoonlik die minder gewilde paadjie.

Op 25 het ek al redelik baie bereik in my lewe.

Ek is ’n mediese student in een van die ongelooflikste Europese stede. Ek sien die res van Europa soveel soos ek kans kry, want dit is werklik nou op my stoep. Wat meer wil ek nou hê?

Ek lewe, my lewe!

Miskien is ek oorweldig deur al die goeie herinneringe waarop ek kan terugkyk van die afgelope 25 gesonde en geseënde jare.

Ek wonder egter steeds hoekom die groot 25 só ’n groot oproer in my veroorsaak. Ouderdom het my dan nog nooit gepla nie.

Dalk is dit maar net die idee van my eerste verjaarsdag 16 000 km van my mense af of die grys haar wat ek vanoggend gevind het. Miskien is ek oorweldig deur al die goeie herinneringe waarop ek kan terugkyk van die afgelope 25 gesonde en geseënde jare.

25 klink ewe skielik nie meer so sleg nie . . .

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.