Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoe kan jy SA dien?
Heinrich Nienaber
Heinrich Nienaber

Suid-Afrika beleef tans ’n onstuimige tyd. Die reënboognasie was lanklaas so verdeeld. Daar is mense wat sê ons is so verdeeld soos wat ons was tussen 1990 en 1994.

Ek dink dat daar te veel Suid-Afrikaners is wat die verdeling selfs nog groter maak. Hier is ’n terugblik op mense se optrede in die aanloop tot die algemene verkiesing vroeër vanjaar.

In 2008 het die nuutgekose pres. Barack Obama van Amerika in sy intreerede gesê: “Ek sal na julle luister, veral as ons nie saamstem nie.”

Daardie woorde het vir my uitgestaan. Dit het my getref omdat dit my daaraan herinner het dat politiek nie net daaroor gaan om jou stem te laat hoor nie. Dit gaan oor luister. Politiek gaan oor die mense, en selfs belangriker: dit gaan daaroor om moeite te doen met die uitdagings waardeur ander in die gesig gestaar word.

Altyd aan die aanval

Ek het al so baie gesien dat Suid-Afrikaners mekaar oor politiek aanval.

Ek het gesien hoe mense weier om mekaar saamrygeleenthede na die stemlokaal te gee bloot omdat hulle vir verskillende partye stem.

Ek sien hoe mense mekaar op Facebook aanval oor onbenullighede. Ek sien hoe politici eerder ander partye aanval as om hul eie manifes te versprei.

Ek sien hoe politici eerder ander partye aanval as om hul eie manifes te versprei.

Ek sal nie verbaas wees as mense wat nie met die artikel saamstem nie, beledigings in die comments gaan rondslinger, pleks van net te kritiseer of met ordentlikheid en karakter van my te verskil nie.

Ek het al baie artikels in Die Student-afdeling van Netwerk24 gelees, waar jong mense afgekraak word net omdat hulle skryf oor wat ander mense doen.

Glo dit of nie, daar is maniere om te sê hoe jy voel sonder om ongeskik te wees.

Ek verstaan dat daar situasies is waar jy kritiek moet lewer, op jou regte staan, sterk wees en terug baklei. Ons kom almal in konfliksituasies waarin jy moet opstaan vir dit waarin jy glo en moet doen wat jy moet doen.

Maar is dit dieselfde as iemand op Facebook en in regte lewe met jou verskil?

LEES MEER: 'SA'ners klou aan apartheid-seer'

Selfs ná die verkiesing het sommige aktiviste aanmerkings gemaak oor hoe onintelligent mense is, net omdat die mense nie vir hul party gestem het nie.

Ná soveel maande waaarin jy mede-Suid-Afrikaners gekritiseer het, begin jy dan die kiesers kritiseer?

Dít is baie hartseer.

Kritiseer, moenie boelie nie

Politiek is belangrik, maar dit is nie belangriker as liefde en respek nie. Ek het vriende wat nie vir dieselfde party as ek gestem het nie, maar ek sal nooit toelaat dat dit in die pad staan van ons liefde en vriendskap nie.

Eerlike respekvolle gesprekke, veral as julle nie saamstem nie, is belangrik vir ’n land. Ek verwys nie na kritiek nie, want dit is aanvaarbaar in politiek. Ek verwys na mense wat boelie.

As jy een van daardie mense is wat ander aanval op grond van hulle opinie, vra jouself af:

Dien ek my party?

Skep ek ’n goeie beeld vir my party?

Is dit goeie karakter?

Sal ek hierdie mens in die regte lewe ook kan takel?

Het ek nie iets beter om met my tyd te doen as om ander op sosiale media af te breek nie?

Het ek nie iets beter om met my tyd te doen as om ander op sosiale media af te breek nie?

Jy kan kritiseer en jou mening lug, net soos wat jy wil, maar as jy die persoon begin aanval, moet jy jouself afvra of jou swak optrede en aggressie geregverdig is.

Dit dien nie ons nasie nie, en dit is definitief nie hoekom ons op aarde geplaas is nie. Oudpres. Nelson Mandela het eens gesê: “As ons ons eie lig laat skyn, gee ons onderbewustelik vir ander toestemming om dit ook te doen. Ons is gebore om die eer van God wat binne-in ons is, uit te dra.”

Dit is wat Suid-Afrikaners moet doen: hulle moet hul ligte skyn. Hul nasie dien. Hulle moet veg vir waarin hulle glo, en wat hulle het na die tafel toe bring, sonder om iemand anders se lig uit te doof.

Dit is gerig op alle Suid-Afrikaners van alle partye, wat politiek voor liefde en respek stel. As jy agterkom dat jy ’n hadeda is wat op almal skel, in persoon of deur ’n skerm, neem tyd om aan hierdie twee aanhalings van Obama en Mandela te dink. Luister na ander mense, veral as hulle van jou verskil.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.