SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Die Student
'Hoe lank gaan ons nog die verlede teen mekaar hou?'
Goliath Ponie
Goliath Ponie

Wanneer ek in ’n gesprek is met vriende oor ons land se geskiedenis, gee ek altyd erkenning aan die volgende: Dat niemand die onreg van die verlede kan ontken nie – moeilike feite wat ons tog in die oë moet kyk.

Terselfdertyd konfronteer ek hulle, wie ook al deel van die gesprek is, met die vraag: “Hoe lank nog gaan ons die verlede teen mekaar hou? En is dit hoe die toekomstige generasies ook sal dink?”

Dit is duidelik dat die geskiedenis belangrik is, want dit help ons om te verstaan wie ons is en waar ons vandaan kom.

Die gesegde is dus waar: Hy wat die verlede beheer, kan ook die toekoms beheer.

Die verlede kan nie verander word nie, maar geskiedenis verander met elke generasie wat sy eie verhaal skryf. Daardie generasie bly voortdurend skuldig tot met die bou van ’n beter samelewing.

Die geskiedenis speel nog ’n groot rol

Die geskiedenis gaan oor die verlede – die pad wat gestap is tot waar ons vandag is. Vir enige land speel hierdie agtergrondinligting ’n baie belangrike rol.

’n Vraag wat vir almal van ons altyd hieruit moet blyk, is: “Watter tipe samelewing is ons besig om te bou? Of waarheen is ons dan op pad?” Vir nou en vir die toekoms!

Die verlede kan nie verander word nie, maar geskiedenis verander met elke generasie wat sy eie verhaal skryf.

Die geskiedenis speel ’n groot rol in die pad vorentoe. Byvoorbeeld, Suid Afrika se verlede wat steeds ’n merkwaardige invloed op die huidige en die toekoms het. ’n Worstelende vraag vir ons tyd vandag, is: “Hoe moet ons met ons land se geskiedenis omgaan, waarin ons verseker niemand word uitgesluit nie?” Met die verwydering van standbeelde, veranderings en die hernoeming van strate, geboue, ensovoorts, verg hierdie vraag al hoe meer aandag.

1994 het ’n geleentheid geskep

Dis uiters belangrik om altyd te weet dat transformasie ewig ’n voortdurende proses sal wees (wat verandering behels) – vir ons en vir die toekomstige generasies.

Dit moet daarom met versigtige sensitiwiteit benader word. Wanneer die fokus van transformasie net op ’n sekere groep alleen val, of as daardie groep die meeste aandag geniet – dan is die waarborg vir seker dat ons weer besig is om te faal.

LEES OOK: Die verlede vervuil ons hede

1994 het ’n geleentheid vir ons almal geskep – ’n geleentheid waarin ons almal in geloof en hoop kon deel om saam te bou aan ’n beter Suid Afrika.

Dus nie net ’n geskiedkundige gebeurtenis nie, maar die resultaat van die reënboognasie.

Dus nie net ’n geskiedkundige gebeurtenis nie, maar die resultaat van die reënboognasie.

Met tyd het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom: Selfs wanneer dit so lyk, weier om te glo dat die reënboog ’n sekere klas verteenwoordig, want dit is nie die geval nie.

Die demokrasie kan dus nie die uitslag wees wat net ’n sekere groep mense bevoordeel nie. Die stryd was juis daarteen – vir gelykheid. Selfs vir bevryding van die kwaaddoener/oortreder.

Vergewe maar nie vergeet

Die opvatting dat die verlede net vergeet moet word, is onaanvaarbaar. Oudpres. Nelson Mandela het eenkeer gesê: “South Africans must recall the terrible past so that we can deal with it, forgiving where forgiveness is necessary, but never forget.”

Ons word selfs verplig deur die evangelie om te vergewe wanneer iemand om vergifnis vra. Maar om te vergewe beteken nie dat die storie klaar is nie, maar dat dit wel die begin is van ’n pad wat ons saam moet stap.

LEES OOK: Transformasie: Dis nie maklik nie

’n Pad van gereelde en deeglike dialoogvoering met mekaar is ook van belang in ons land – oor die verlede en die toekoms.

’n Belangrike vraag hierin is ook: “Wat is dit wat ons al die jare deurgedra het tot waar ons vandag is?”

Dis hierdie soort vrae wat ons help om die pad saam vorentoe te stap.

Søren Kierkegaard se wyse woorde op ’n keer was: “Life must be lived forward, but it should be understood backwards.”

  • Goliath Ponie (26) is 'n vierdejaar teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is oorspronklik van die Noord-Kaap en is gebore in Hopetown. Sy moedertaal is Xhosa, maar hy is Afrikaanssprekend.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.