Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoe nou? Julle trou?!
Kara van der Berg

Niks laat jou jou lewe bevraagteken soos wanneer ander studente trou nie. Hulle weet saam met wie hulle die res van hul lewe wil deurbring.

Dit het my laat besef hoeveel studente wel hul toekoms, of ’n gedeelte daarvan, ontsyfer het. Ek is nie een van hulle nie.

Toe ek 18 was, het ek gedink ek sou as ek 21 word, weet wat ek wil doen.

Dié verjaarsdag is in minder as ’n week en ek kan met redelike sekerheid sê dat dié idee nie gerealiseer het nie.

Vier die klein oorwinnings

Anders as ingenieurs- en BRek-studente, studeer ek nie vir ’n spesifieke beroep nie. Ek is in my finale jaar en steeds onseker van my hoofvakke.

Jy voel effens verlore as jy mense van jou ouderdom sien wat groot besluite neem, soos om te emigreer of te trou.

Ek dink egter ’n mens moet in gedagte hou hoe ver jy al gekom het.

Daar is ’n verskil tussen iemand wat sonder ambisie is en iemand wat onseker is.

LEES OOK:  Sjoe, nou is al jou boeties getroud, wanneer is dit jou beurt?'

Ek probeer om op die klein goedjies trots te wees. Ek het geweet ek gaan nie my sielsgenoot op universiteit ontmoet nie, en dit is ook so.

Ek weet miskien nie waar ek my graad gaan gebruik nie, maar ek is seker ek gaan dit voltooi.

Niks laat jou jou lewe bevraagteken soos wanneer ander studente trou nie.

Mense leef langer. Ons het meer tyd om te bepaal wat ons met ons lewe wil doen.

Ek haal my hoed af vir diegene met ’n vyfjaarplan. Maar vir dié van ons wat steeds ons voete probeer vind, of dit nou in jou eerste of finale jaar is, dink ek dis tyd om net asem te haal. Ons het tot hier gekom, nie waar nie?

  • Kara van der Berg (21) studeer BA Geesteswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy gaan in 2019 'n honneursgraad in joernalistiek doen. Sy kom oorspronklik van Johannesburg.
  • Hierdie meningstuk het oorspronklik in Die Matie verskyn. Besoek hul webtuiste vir meer inligting of volg hulle op Instagram en Facebook.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal. Om die Engelse weergawe te lees, klik hier.

  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Kliek hier om meer artikels op die student te lees.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Kliek hier.

Beste Cyril

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.