Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom ervaar ons soveel angs?

Ouer generasies kyk na ons jong mense en bewonder (of eerder: bevraagteken) die spoed waarmee ons hierdie lewe aanpak.

Jené Liebenberg
Jené Liebenberg

Met die foon vas teen die lyf en ’n belaglike hoeveelheid data wat teen die tiende van elke maand opgebruik is en wat ’n mens dan van die universiteit se soms betroubare Wi-Fi afhanklik maak om jou daaglikse, uurlikse sosiale-media-fix te kry – hoekom wonder ons waarom die voorkoms van angs, depressie en geestelike versteurings toeneem?

Ek beleef menigmaal daardie swaar, swart kombers wat my kom vasdruk. Ek kry nie behoorlik asem nie en as ek begin kriewel onder die gewig, druk hy my net al hoe stywer vas.

Van die oomblik dat ek my oë soggens oopmaak totdat ek saans uiteindelik my oë toekry, reis die swart kombers van angs saam met my.

Dit is onverklaarbaar waar hy vandaan kom, want ek het geen rede vir uitermatige kommer of stres nie, net die alledaagse uitdagings wat ’n gewone student ervaar.

As ek weer sien, cope ek nie met dinge wat my ’n week gelede glad nie sou pla nie. Ek lê snags wakker en probeer elke klein besonderheid vooruit beplan, goed wat nie my tyd of moeite moet eis nie.

Angs is uitputtend. My naaste vriendinne sien dit raak, maar is raadop want ek kan nie vir hulle sê wat my pla nie, ek weet dan self nie eens wat dit is nie.

Angs is uitputtend. My naaste vriendinne sien dit raak, maar is raadop want ek kan nie vir hulle sê wat my pla nie, ek weet dan self nie eens wat dit is nie.

Elke oomblik dat ek alleen met my gedagtes gelos word, word opgeneem deur eindelose stress en worry oor niks.

So maak ek die las ligter

Dit is die siekte van ons tyd. Ons is veronderstel om gelukkig te wees, vol vreugde en vrede, ons het eintlik elke rede om die lewe met albei hande aan te gryp en alles voluit te doen.

In my pogings om van hierdie swaar, swart kombers wat my lewe oorneem ontslae te raak, het ek ’n paar wenke ontdek wat my las ’n bietjie ligter maak.

Musiek in my ore as ek op kampus rondloop, help om my gedagtes weg van die bekommernis te trek en op iets anders te fokus. Teen die tyd dat ek by die klas kom, is ek ontspanne in plaas van gespanne.

Musiek in my ore as ek op kampus rondloop, help om my gedagtes weg van die bekommernis te trek en op iets anders te fokus. Teen die tyd dat ek by die klas kom, is ek ontspanne in plaas van gespanne.

My geloof is my grootste redder. Dat ek kan glo in ’n God wat reeds angs oorwin het, help my om my lyf soggens uit die bed te kry.

Ek skryf ook, klaarblyklik. Dit is ’n manier om dit wat ek voel, of dit nou sin maak of nie, te verwerk. Ek ontmoet die angs van aangesig tot aangesig op papier. Dit is makliker om te baklei teen ’n vyand wat jy ken.

Daar is hoop

Die meeste mense in my lewe sal dit nie glo as ek vir hulle sê dat angs vir my ’n realiteit is nie. Maar dit is, en ek ken hom uit en werk teen hom.

Daar is wel hoop, baie hoop. Want ek ken nou daardie swart kombers, ek sien hom as hy aankom.

Ek is voorbereid en die dae dat ek sukkel is nou baie minder as dae wanneer my las lig is en my kop omhoog.

Dit is vir daardie dae dat ek die swaar kombers verduur.

  • Jené Liebenberg (20) studeer BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy het in Zimbabwe groot geword, maar woon tans in Tolwe, Limpopo.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.