Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom het so min studente gaan stem?
 x
Sian Angus

In die dae kort voor vanjaar se verkiesing, sowel as die wat daarop gevolg het, het ek talle kere op sosiale media die woorde, “My reg om te stem is net soveel soos my reg om nie te stem nie”, en “Om nie te stem nie, tel ook as ’n stem”, raakgelees.

Ek wou gelyktydig so baie daaroor sê en soveel menings oor stellings van hierdie aard uitspreek en tog was ek terselfdertyd eintlik sprakeloos.

Wat my eintlik vies maak, is dat hoewel bogenoemde nie noodwendig onwaar is nie, dit eintlik ongeldig is.

Want, soos ek dit sien, bevind ons as landsburgers onsself in ’n posisie waar ons reg om te stem en die uitoefening daarvan van kardinale belang is.

Dit is egter belangriker dat die jeug en veral studente ons stem moet laat hoor.

’n Klein verskil is eintlik groot

Ek stap die dag ná die verkiesing kampus toe om te gaan toets skryf en toe ek by my toetslokaal instap, begin ek dadelik rondkyk om te soek vir die merke op my medestudente se duime wat wys dat hulle ook gestem het.

Ek het verwag dat ek my met die meerderheid sou kon vereenselwig, maar besef toe dat min van die studente om my gaan stem het.

Soos ek dit sien, tel die uitoefening van die reg om nie te stem nie, nie dieselfde as ’n daadwerklike stem nie.

Ek het verwag dat ek my met die meerderheid sou kon vereenselwig, maar besef toe dat min van die studente om my gaan stem het.

My redenasie is eenvoudig: Om fisiek te gaan stem en jou kruisie te trek, tel mos in die guns van die party waarvoor jy stem, terwyl die stem wat jy so bevoorreg is om te hê maar nie gebruik nie, eintlik op die einde van die dag teen ’n party tel.

Die punt waarby ek wil uitkom, is eenvoudig dat syfers wel ’n verskil maak en wat dalk soos ’n klein verskil lyk, eintlik ’n groot een is.

Gebruik dié geleenthede

Ons as jeug moet, en móés, dus van die geleentheid wat vir ons gegun is, gebruik maak. Jou stem maak ’n verskil. Die stem wat jy nie gebruik nie, ontneem ons van die positiewe impak wat kan intree as jy dit gebruik. Die gebruik van geleenthede wat tot jou beskikking is, lei eenvoudig tot die skep van meer geleenthede.

Die uitkoms en impak van die afgelope verkiesing sal vir die volgende vyf jaar blywend wees. Ek as individu wil myself nie graag op ’n plek bevind waar ek spyt is dat ek nie gestem het nie, net om later te besef dat ek dalk eerder moes. Want ek hét gestem. En ek is trots daarop.

LEES OOK: Om nié te stem is ook ’n demokratiese reg

Moenie jouself en ander in die voet skiet of indirek te na kom omdat jy verskonings maak om nie ook jóú stem te laat tel nie. Jou stem is jou mening en dit is belangrik.

My pa het in ’n stadium vir my gesê dat môre ook die toekoms is. En ek glo dit vas. Gebruik dus die geleenthede wat tot jou beskikking is en skep vir jouself ’n beter môre.

  • Sian Angus (21) studeer BA Regte aan die Noordwes-Universiteit. Sy het groot geword in Linden, Johannesburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees nog meningstukke hier.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.