Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom is meer vroue as mans tydens die inperking benadeel?
Tired businesswoman holding head looking at laptop

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag oudergewoonte ’n “Dear fellow South Africans”-brief aan die land gerig.

Die brief handel oor die VN se 75ste algemene vergadering en hy fokus op vroue se ekonomiese bemagtiging, wat “bereik kan word deur groter toegang tot onderwys en insluiting by die ekonomie”.

Ek gaan hier fokus op beter toegang tot onderwys.

Die president se brief stel dit dat vroue se bemagtiging iets is waaraan ons aandag moet gee. Dit is ’n goeie waarneming, veral gegewe die onlangse krisisse.

Dit is duidelik dat die huidige Covid-19-krisis en gepaardgaande inperking drastiese gevolge vir vroue se bemagtiging en indiensneming inhou.

Tiaan de Swardt
Tiaan de Swardt

’n Onlangse peiling toon dat vroue erger as mans deur die inperking geraak is. Die indiensneming van vroue het met 22%, teenoor die 10% van mans, gedaal. Die aantal werkure van dié vroue wat nog in diens was, het in vergelyking met mans ook meer afgeneem.

Hoewel vroue voor die krisis ook meer ekonomies kwesbaar as mans was, het die krisis die situasie vererger.

Die ander punt wat die president in sy brief maak, is dat dit belangrik is vir vroue om ekonomies onafhanklik te wees. Andersins is hulle meer ekonomies afhanklik van en uitgelewer aan sekere mans wat hulle aan mishandeling skuldig maak.

Dit is ’n belangrike punt, veral in die konteks van die breër debat oor geslagsgeweld in die land.

Die president identifiseer beter toegang tot onderwys as een potensiële oplossing vir die probleem. Dit is hier waar die president die bal misslaan.

In studies wêreldwyd is bevind dat meisies gemiddeld beter as seuns op skool vaar. Dit geld alle vlakke van die onderwys en alle vakke.

Suid-Afrika is nie ’n uitsondering nie. Nic Spaull en Nwabisa Makaluza se 2019-studie staaf dit.

Die uitslae van verskeie internasionale studies waaraan Suid-Afrika deelneem, toon dat die leesvermoëns van gr. 4-meisies op dieselfde vlak as gr. 5-seuns is. Skoolseuns staan ’n groter kans as meisies om ’n jaar te herhaal of om die skool te verlaat.

Dit beteken dat, teen matriek, is daar slegs 80 seuns in die skool vir elke 100 meisies. Hierdie meisies presteer ook gemiddeld beter as seuns, weer eens in alle vakke, ja, ook wetenskap en wiskunde.

Meisies se voordeel strek selfs tot by tersiêre onderrig. 56% meer meisies as seuns behaal tersiêre kwalifikasies, terwyl 66% meer meisies as seuns grade ontvang. Daarom kan vroue se ekonomiese benadeling, in vergelyking met mans, nie aan verskillende vlakke van onderwys toegeskryf word nie.

Hierdie syfers hou ’n belangrike les vir ons in. Indien ’n persoon ernstig is daaroor om ongelykheid uit te skakel, moet twee groot vrae of kwessies aandag geniet.

Hoekom is meer vroue as mans tydens die inperking meer in die arbeidsmark benadeel? Die tweede vraag is hoekom seuns soveel swakker op skool vaar. Albei hierdie kwessies is belangrik.

  • Tiaan de Swardt is tans besig met ’n BCom-honneursgraad in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.