Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom is sommige se kommentaar so negatief?
Francois van Rensburg
Francois van Rensburg.

Ek lees graag meningstukke.

Dit is iets wat vir my baie genot verskaf, omdat ek iemand is wat ’n opinie regtig waardeer en ter harte neem – selfs al stem ek nie altyd saam nie.

Die rede hiervoor is dat ek dit geniet dat mense vir hulself kan dink en ’n opinie oor iets kan vorm.

Wat ek wel nie geniet nie, is dat daar mense is wat altyd negatief moet wees oor alles en almal.

Kyk, ek verstaan alles is nie altyd maanskyn en rose nie, maar magtig, dit is nie nodig om in elke liewe meningstuk kommentaar te lewer oor hoe sleg die land is en hoe hartseer dit is dat Afrikaans gaan uitsterf en hoe naïef ek is nie.

Hoekom is mense so negatief?

Ek is baie bewus van my omgewing en wat aan die gang is, ek is baie bewus daarvan dat ek wit is en dat die kanse dat ek gaan werk kry, volgens die meeste mense, skraal is. Ek stem nie saam nie.

Ek glo dat God ’n doel het met my lewe, ek glo dat Hy reeds my pad uitgelê het en dat ek net getrou moet wees aan Hom. Ek glo dat my kans om werk te kry in Suid-Afrika en ’n suksesvolle lewe te lei baie groot is, want ek glo dat God se wil groter is as my of jou opinie.

Hiermee nooi ek jou uit om dan liewer nie kommentaar te lewer op my meningstukke nie.

Ek verstaan nie hoekom mense so negatief wil wees nie.

Hiermee nooi ek jou uit om dan liewer nie kommentaar te lewer op my meningstukke nie.

Ons generasie dink anders

Ek dink die probleem met sommige van hierdie mense is dat hulle onbewus is van hoe dit is om vandag ’n jong mens of student te wees. Hulle lees die meningstukke en dan wil hulle graag hul mening gee. Dit is reg, doen dit dan.

Ek hoop regtig net dat Oom of Tannie êrens tussen al hierdie meningstukke sal begin agterkom hoe ons generasie dink en doen, sal besef dat ons nie noodwendig die vrees wat julle het, deel nie.

LEES OOK: 'Die Here seën ons elke dag met 'n pragtige begin'

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek verstaan presies waarvandaan julle kom.

Ek weet julle het anders grootgeword as ons. Ek neem in ag dat volgens julle was dinge beter soos dit was en was Suid-Afrika eens (nie te lank gelede nie) die beste land.

Lig op die horison

Ek wil dit egter onder u aandag bring dat ek nie daardie land geken het nie, ek het daarvan gehoor, maar dit nooit beleef nie. Dit was voor my tyd en ek kan my glad nie daarmee vereenselwig nie.

En ek is bly, want nou kan ek na my land kyk met trots, ek hoef nie bitter te wees oor alles wat besig is om te vergaan nie.

Ek kan sien hoe dinge vir ’n ruk lank donker was, maar ek kan ook die lig op die horison sien, die silwer randjie, die mooi in my land.

Ek kan die verandering verwelkom, ek kan lag vir dinge in die lewe en ek kan lewe sonder vrees.

Ek kan sien hoe dinge vir ’n ruk lank donker was, maar ek kan ook die lig op die horison sien, die silwer randjie, die mooi in my land.

  • Francois van Rensburg (23) studeer MSc (Stads- en Streeksbeplanning) aan die Noordwes-Universiteit. Hy kom oorspronklik van Stilfontein.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees meer meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg Die Student op Instagram! 

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.