Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoeveel vroue? Hoeveel kinders? Hoeveel nog?
Carli Jacobs
Carli Jacobs

Dis die 21ste eeu. Dit moenie vir ons nodig wees om in vrees te lewe nie. Dit moenie nodig het wees vir tydskrifte om ’n artikel te publiseer oor hoe vrouens hul veiligheid kan verbeter nie.

Suid-Afrika se vroue en kinders is besig om te bloei. Kan ons die bloeding stop? Kan ons die wond genees?

Die getal word net groter

Dit moes nie nodig wees vir die 19 jarige Uyinene Mrwetyana om te wonder of sy lewendig uit ’n poskantoor gaan loop nie.

Dit moes nie moontlik wees vir Lynette Volschenk om binne die vier mure van haar huis wreed vermoor te word nie.

Dit moes nie moontlik wees vir talle ander vroue en kinders om hul lewens te verloor nie.

Ons is vrouens, ons is mens. Ons is NIE gemaak om te gebruik as seksuele “target practice” nie.

Die vraag wat ons egter onsself moet afvra, is hoeveel nog?

  • Hoeveel vrouens en kinders moet nog koelbloedig vermoor word voordat daar iets aan gedoen word?
  • Hoeveel jong meisies moet nog in poskantore, ens. verkrag word?
  • Hoeveel moet nog in hulle huise aangeval word en erger as diere mishandel word?
  • Hoeveel liters bloed van onskuldige mense moet nog gestort word?
  • Hoeveel nog?
  • Waar moet dit ophou?

Verkragting het die norm geword

Suid-Afrika het een van die hoogste verkragtingsyfers in die wêreld. Volgens statistieke is die waarskynlikheid dat ’n vrou in haar leeftyd verkrag sal word, 40%. 40%! Dis tyd dat ons regering ophou toesprake skryf vol leë beloftes en tot aksie oorgaan. Daardie leë beloftes gaan nie ons land se mense beveilig nie.

Iewers moet ons die streep in die sand trek en die afgryslike misdade in ons land stopsit, iewers moet ons president en regering as geheel ingryp en sê genoeg is genoeg. Die regsproses moet hersien word in Suid-Afrika sodat misdade gekeer kan word voordat sulke tragedies plaasvind.

Dis tyd vir die kanker om verwyder te word uit ons samelewing en dat die liggaam van Suid-Afrika op die pad van herstel kan kom.

Dis tyd vir die kanker om verwyder te word uit ons samelewing en dat die liggaam van Suid-Afrika op die pad van herstel kan kom. En die dag as ons besluit om moed op te gee vir die moontlikheid van herstel, moet ons weet dis te laat.

Daarom moet ons aanhou veg, aanhou om ons stemme dik te maak, aanhou om te veg namens elke man, vrou en kind wie se stemme te vroeg stilgemaak is.

Meer vrae as antwoorde

Dit is ons plig as mense, ons plig as vrouens en ons plig as Suid-Afrikaners en as ons nie vir ons land en sy mense baklei nie, wie gaan?

Dit is uiters skokkend dat ons in ’n wêreld leef waar daar meer as 30 vroue in die kwessie van ’n maand vermoor is, om nie eens te praat van die ander 57 mense wat elke dag vermoor word nie.

LEES OOK: Is ek dalk volgende?

Daarom vra ek weer; Hoeveel nog? Hoeveel vrouens? Hoeveel kinders? Hoeveel mans? Hoeveel bejaardes? Hoeveel Suid-Afrikaners? Hoeveel families? Hoeveel liters bloed?

Hoeveel nog?

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.