Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hou op jaag na die volgende prestasie
Quentin Van Den Bergh
Quentin Van Den Bergh

Vat ’n oomblik en dink terug aan wanneer jy laas ’n prestasie gevier het.

Nie jou verjaardag nie. Nie ’n herdenking van jou verhouding of jou huwelik nie.

Wanneer laas het jy werklik iets gevier waarvoor jy gewerk het?

Die hartseer realiteit is dat die meeste van ons nie regtig kan onthou nie.

En as ons iets onlangs gevier het, as ons eerlik is met onsself – is die tydsverloop tussen hierdie vieringe langer as wat dit behoort te wees.

As ek net eerstespanrugby of -netbal kan speel. Atletiekspan. Revue. Drama. Leerlingraad. Toptien-akademies. Redaksie-span. Leerlingrybewys. Rybewys. Sewe onderskeidings. Een onderskeiding. Universiteitstoelating. Beurse. Graad cum. Graad deurkom.

Wat ook al jou voorkeur of aanleg is – iewers in ons lewe het ons al iets nagejaag wat ons met byna ons hele hart wou hê.

Dalk was van ons gelukkig genoeg om van hierdie dinge te bereik. Wat was jou reaksie? Hartseer genoeg – geen.

Hoe dikwels streef ons na die volgende beste ding wat voor ons lê, sonder om ’n goeie oomblik te neem en ordentlik dit te vier waarvoor ons gewerk het?

Hoe dikwels streef ons na die volgende beste ding wat voor ons lê, sonder om ’n goeie oomblik te neem en ordentlik dit te vier waarvoor ons gewerk het?

Sodra ek my leerlingrybewys het, begin ek dadelik stres oor die moontlikheid dat ek dalk nie my rybewys gaan kry nie.

Beheer jy jou ambisie?

Ons leef in ’n wêreld waar ons amper van kleins af gedwing word om te glo dat ons altyd meer en beter moet hê om suksesvol te wees. Sukses word geskep in wat eintlik net beskryf kan word as ’n beeld wat op ’n baie laeresolusie-skerm geskep is.

Die idee lyk goed, maar dis ver van die waarheid af. Sukses is amper altyd prestasiegedrewe, en amper nooit kwaliteitgedrewe nie.

Wie klink meer suksesvol – die persoon wat sy meestersgraad so pas op 25 verwerf het, of die persoon wat getroud is met twee kinders en geen kwalifikasies nie, ook 25 jaar oud?

Om dit net duidelik te stel – daar is absoluut niks verkeerd met streef en werk om meer bevoeg en gekwalifiseer te wees nie. Daar is niks fout om ambisie te hê nie.

Om dit net duidelik te stel – daar is absoluut niks verkeerd met streef en werk om meer bevoeg en gekwalifiseer te wees nie. Daar is niks fout om ambisie te hê nie.

Die vraag is net, beheer jy jou ambisie, of beheer dit jou?

Stop ons ooit werklik vir ’n oomblik en waardeer wat ons om ons het?

LEES OOK: 'Die Here seën ons elke dag met 'n pragtige begin'

Of gaan ons ook soos die meerderheid van ons voorbeelde in die ouer gardes wees, wat spyt is oor ’n lewe wat vinnig verbygaan?

Hoe vinniger ons blindelings hardloop na die volgende prestasie, hoe vinniger loop ons, onbewustelik, uurglas se sand leeg. Hoe lank voor ons dit besef en begin waardeer waar ons is?

Hoe lank voor ons die mense om ons waardeer vir wie hulle is – selfs al het hulle ’n paar foute?

Of wil ons ook wag om by iemand se graf te huil, voordat ons hul waarde in ons lewe besef?

Wat sou jy dink as jy langs jou eie graf kon staan by jou begrafnis?

Wat as dit dalk môre is?

Moeg en oorlaai

Die vraag is seker uiteindelik – wanneer sal jy tevrede wees met jou lewe? Hoe lank voor jy daarby gaan uitkom?

’n graad. Bestuursposisie in ’n firma. Om skatryk te wees.

Want dis tog wat die wêreld vir ons skets as die prentjie van sukses. Hierdie dinge vat tyd, beslis.

Streef daarna om jou volle potensiaal te bereik. Streef daarna om die beste jy te wees wat jy kan; met dit wat jy het.

Wat as jou uurglas nie so baie tyd het, soos wat nodig is om jou lewe te kry op hierdie plek van geluk nie? As jy die antwoord hierop het, sou dit die dinge verander waarvoor jy leef?

Streef daarna om jou volle potensiaal te bereik. Streef daarna om die beste jy te wees wat jy kan; met dit wat jy het.

Dis oukei as mense verskil.

Dis oukei as jou sukses anders lyk as die wêreld s’n.

Dis oukei as ander nie jou vorm van sukses verstaan nie.

LEES OOK: Reik na die sterre, maak foute en leer soveel jy kan

Onthou net dat nie enige kwalifikasie of sukses jou meer of minder werd maak in die lewe nie.

Geen vorm van sukses kan jou ’n identiteit gee nie. As jy dit nie glo nie, kyk na die bekende akteurs en aktrises en hoeveel van hulle se lewens maar eintlik uitmekaar val.

Volhoubare bevrediging

Tog streef ons dit na, want ons dink dit gee vir ons ’n doel? Nee. Die geheim is dat jy moet kan berusting kry in dit wat jy doen. Vervulling kry deur dit wat jy doen.

Jesus sê: “Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, Ek gee rus.” Dit klink nogal soos ons – moeg en oorlaai met die onrealistiese wat van ons verwag word.

As jy rus soek en dit voel of jy altyd moeg gehardloop is, en niks gee jou regtig volhoubare bevrediging nie – begin dalk deur vir God ’n kans te gee.

Doen soveel moeite om die waarheid van Sy karakter uit te vind, soos wat jy doen met jou studies; en jy behoort aangenaam verras te wees. Dis ’n God van liefde, wat omgee oor jou hart.

Doen soveel moeite om die waarheid van Sy karakter uit te vind, soos wat jy doen met jou studies; en jy behoort aangenaam verras te wees. Dis ’n God van liefde, wat omgee oor jou hart.

Dis ’n God, wie se Seun aan ’n kruis kom sterf het; net sodat Hy ’n verhouding met jou kan hê. Nes jy is. Hy’t kom sterf terwyl ek en jy sondaars was – hoekom sal Hy van ons verwag om sonder sondes na Hom toe te kom.

Die realiteit is – Hy gee meer om oor jou hart en ’n verhouding met jou, as oor jou verlede; of enigiets anders.

  • Quentin van den Bergh (22) studeer aan die Noordwes-Universiteit. Hy het in Pretoria groot geword.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.