Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hou op terugverlang na die ou NG Kerk
Foto ter illustrasie.

Daar is die afgelope tyd baie gesprekke oor die NG Kerk se missionaliteit.

Daar is diegene wat glo dat die plaaslike kerk nie net ’n kerk van die gemeenskap moet wees nie, maar ook binne die gemeenskap. Tye het verander en die kerk kan nie meer bekostig om staties te wees nie.

Ons leef in ’n tyd wat radikaal anders is as die ontstaan wêreld van die NG Kerk in Suid-Afrika. Om terug te verlang na die kerk wat was maak nie sin nie, ons lewe nou in ’n ander tyd.

’n Tyd waar ons omring is deur mense wat anders dink en doen as ons. Ons gemeenskappe bestaan uit mense van ander gelowe, denominasies, kulture en seksuele oriëntasies. Daar is nie meer ruimte vir kerke om staties te wees nie. Geloof is nie meer die kern van die samelewing nie.

Die kerk het ’n ongelooflike geleentheid om saam te groei in nuwe uitdrukkings van kerkwees. Die kerk mag dalk nie meer die middelpunt van die samelewing wees nie, maar daar was nog nooit ’n groter behoefte aan die gemeenskap van kerkwees nie. As groei wil plaasvind, moet ons anders begin kyk na die samelewing.

Uitgedaag om voort te bou

Melissa Ellis.

Om missionaal te dink help die kerk met hierdie groeiproses. Die kerk moet met die wêreld omgaan soos Jesus met die wêreld omgegaan het. Missionaliteit was ’n groot kenmerk van Jesus se bediening op aarde en het klaar vir ons die voorbeeld gestel.

Reg deur sy bediening het Jesus geloop na gebrokenes, sondaars en verlorenes. Jesus was op die hakke van dié wat anders was. Sodoende het hy die strukture wat reeds in plek was kom ontwrig. Jesus het self aan Sy dissipels gesê: “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle.” Jesus stuur sy volgelinge om in sy voetspore te volg.

Ons as kerk word uitgenooi om dieselfde roete as Jesus te stap. As ons Jesus se voetspore wil volg, moet ons as kerk eers bewus word van ons eie gebrokenheid.

Eers daarna sal die kerk werklik besef wat Jesus met sy dade bedoel het. Dan kan ons ook op die hakke van gebrokenes, sondaars en verlorenes wees.

Dan kan ons in Jesus se voetspore stap na die mense van verskillende geslagoriëntasies, geloof of kultuur. Vir Jesus het elke mens saak gemaak en Hy het na elke mens geluister.

Soos ons in Jesus se voetspore loop, word God se onvoorwaardelike liefde en genade in die wêreld versprei. Daar is verskeie gemeentes wat dit al reg gekry het om die verskille raak te sien, maar ander sukkel nog. Die kerk is nog nie wat Christus ons geroep het om te wees nie.

Ons word geroep om oor die grense te beweeg, na mekaar te luister en hande te vat. Hierdeur kan ons bymekaar leer en saam in die voetspore van Jesus loop. Ons as kerk word uitgedaag om voort te bou op wat Jesus reeds gedoen het.

  • Melissa Ellis (24) is ’n teologiestudent aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Bellville, maar doen tans haar prakties in Beaufort-Wes.
Meer oor:  Ng Kerk  |  Die Student  |  Studente  |  Kerk  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.