Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hou op verkleineer met die term millenniër
Lynthia Julius
Lynthia Julius

Ek praat nou die dag met iemand wat my vertel ons millenniërs wil als te maklik hê. Ons wil nie onder begin en ons “way to the top” werk nie.

Ek sit en bekyk die man en luister wat hy te sê het. Die gesprek irriteer my. Ek stem nie met die man saam nie, al wat ons in glo is “know your worth, then add tax”.

LEES OOK: Is dít waarvoor millenniërs in die nuwe jaar hoop?

Hallo, ons studeer sodat ons ’n beter lewe vir onsself en ons mense kan maak, wafferse “at the bottom of the food chain”-begin’ – dié is nie die 1940’s nie.

Nie net 'n millienniër nie

As die jongste student in my klas is ek nie bloot net ’n millenniër nie. Ek is ’n jong vrou met ’n kop op haar skouers. Een wat presies weet wat sy in die lewe wil hê.

Dit wat ek doen, doen ek uit my eie wil en nie bloot oor die label wat die ouer generasie my gegee het nie. Ek lees. Ek vors na. Ek sit nie heeldag op my foon en post goed op sosiale media nie. Ek lees boeke in openbare plekke en sit nie net op WhatsApp en chat nie.

Ek is ’n jong vrou met ’n kop op haar skouers. Een wat presies weet wat sy in die lewe wil hê.

Ek eet nie als vir soetkoek op nie. Ek bevraagteken. Ek redeneer. Ek verafgod nie tegnologie nie.

Ons speel nie pophuisie met wat ons wil hê nie. Ons studeer, ons leer en ons gaan nie “gently into any good night” nie.

So ek stel voor dat julle ons minder verkleineer tot die term millenniër. Voor ek enigiets is, is ek my eie mens. Ek is nie my geboortejaar nie. Ek is nie net die tydperk waarin ek grootword nie en moet my plek in die wêreld vind.

So ek stel voor dat julle ons minder verkleineer tot die term millenniër.

Wees versigtig vir ons net label, want as óns begin label, is dit ’n lelike ding. Ons kan julle maklik verkramptes noem en dan wil julle vuur spoeg.

Sê die student se naam. Sê hy of sy is verslaaf aan sosiale media en tegnologie, sê hy of sy wil nie swaar kry nie en alles maklik hê.

Maar ons vra mooi: Stop die millenniër-ding. Die veralgemening word nou afgesaag.

By voorbaat dank,

Die sogenoemde millenniër.

  • Lynthia Julius doen tans haar meestersgraad in skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy het reeds ’n honneursgraad in filosofie.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.