Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is daar plek vir almal in SA?

Luvuyo Menziwa, die studenteaktivis van Tukkies wat in 2016 weens sy rassistiese uitlatings in die moeilikheid was, deel sy insig nadat hy die pad van vergifnis begin stap het.

Luvuyo Menziwa

Is daar plek in Suid-Afrika vir minderheidsgroepe wat ’n minderheidstaal praat?

Dit is, om eerlik te wees, ’n moeilike vraag wat nie ’n ja- of nee-antwoord het nie.

As ons na ras verwys wanneer ons van minderheidsgroepe praat, praat ons van wit mense waaruit sowat 10% van die bevolking bestaan, Indiërs (2,5%) en bruin mense (sowat 8,9%).

As ons praat van minderheidstale, is Afrikaans beslis nie een nie. Afrikaans is die taal wat die derde meeste gepraat word en kwalifiseer dus nie.

Ndebele word die minste gepraat – deur net sowat 2,1% van die bevolking. Dan is daar Venda, Tsonga en Swati wat ook onder die minderheidstale is.

Om die vraag te beantwoord: Die toekoms van Suid-Afrika en wat ons wil bereik, hang alles af van hoe ons as burgers voorberei op die toekoms wat ons visualiseer.

Met “burgers” bedoel ek almal uit alle agtergronde, ongeag ras, geslag, seksualiteit, taal, geloof, fisieke vermoë, affiliasie en so meer.

Weens die rigting wat ons nou inslaan, is die toekoms van Suid-Afrika weens verskeie redes gedoem. Ons onderwysstelsel het in duie gestort, die misdaadsyfers is hemelhoog, geslagsgeweld het ’n hoogtepunt bereik, kindermishandeling en ontvoerings neem toe, ons ekonomie gaan onder, korrupsie is aan die orde van die dag, rasgegronde moorde en geweld vererger, stelselmatige strukturele onderdrukking en rassisme duur onverpoosd voort, vroue word as slaansakke en seksobjekte gesien, die armes word armer en die rykes ryker.

Geografiese ligging en die klasse-struggle bly die moeilikste uitdaging om te oorbrug, maar dit is nie onmoontlik nie.

Kerke volg ’n sakemodel, ons jong mense vind plesier in dwelms en drank en van ons politieke leiers is misdadigers wat agter die skans daarvan wegkruip dat hulle die armes verteenwoordig.

Geografiese ligging en die klasse-struggle bly die moeilikste uitdaging om te oorbrug, maar dit is nie onmoontlik nie. Al wat ons benodig, is die politieke wilskrag en toewyding om dit te oorwin.

Die werkbaarste oplossing is, na my mening, eenheid: om verby ras, politieke agtergrond, geloof, kultuur en so meer te kyk. Ons moet onsself herontdek en herdefinieer as ’n nasie. Die belangrikste is dat ons moet onthou ons het mekaar nodig as ons oor hierdie uitdagings wil seëvier.

Ja, die minderheidsgroepe wat minderheidstale praat hét ’n plek in die toekoms van Suid-Afrika. Ons het elk baie om te bied en baie om by mekaar te leer terwyl ons die toekoms herbou en hervorm.

Maar vir ons om ’n gunstige toekoms vir almal te bou, sal ons hande moet vat om voor te berei op die toekoms waarop ons hoop. Hoe gouer ons deur die grense wat ons skei kan breek, hoe beter sal die toekoms vir almal wees.

Verbeel jou net: ’n land waar gelykheid en regverdigheid hoogty vier. Waar verantwoordbaarheid en deursigtigheid gerespekteerde waardes en pilare van ons regering is. Waar ons leiers deur etiek, morele waardes en waardigheid gelei word.

’n Plek waar almal onthou dit gaan nooit oor ons as individue nie, maar oor ons as ’n nasie. Broers en susters, mense wat droom van ’n beter toekoms vir ons kinders.

  • Luvuyo Menziwa is 'n laerskoolonderwyser in Krugersdorp en is betrokke by talle welsynsprojekte. Walk4Access is een van sy projekte wat ten doel het om geld in te samel vir studente wat nie verblyf of studies kan bekostig nie.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video!

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Stemme  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.