Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is die verkiesing nog dieselfde?
Luwattlon Kiewiets
Luwattlon Kiewiets

Suid-Afrika is in rep en roer ná die vorige verkiesing op 3 Augustus 2016. Ek onthou nog hierdie datum soos gister. Met die partye wat maak asof die parlement ’n sirkus is, kan mens nie help om te wonder waar die beloofde verandering is wat sou plaasvind nie.

Dit is hierdie tipe goed wat my laat besef dat my land soos ’n bedreigde spesie is en dat dinge soos die demokrasie en menseregte net ’n dekmantel is. Dit is ironies as ’n mens kyk na wat in die parlement gebeur.

Die sirkus van ons parlement

In die ou Suid-Afrika was die parlement amper so tradisioneel soos ’n sinodesitting: waardig, respekvol, met respek vir die speaker, respek vir die reëls én die ongeskrewe reëls. Die parlement was die hoogste, waardigste en belangrikste byeenkoms in die land.

Dit is egter deesdae anders, politieke partye is in mededinging met mekaar, die parlement word daarom ’n sirkus met blatante minagting van die reëls, minagting vir die speaker en minagting vir die parlementêre tradisie. Selfs minagting vir basiese goeie maniere.

Dit is egter deesdae anders, politieke partye is in mededinging met mekaar, die parlement word daarom ’n sirkus met blatante minagting van die reëls, minagting vir die speaker en minagting vir die parlementêre tradisie. Selfs minagting vir basiese goeie maniere.

Politieke leiers steur hulle bloot eenvoudig nie aan die speaker se herhaalde oproepe tot orde nie. ’n Mens kan jouself daarom afvra, wat gaan word van die parlement? Dit is tans ’n sirkus. Vermaak vir sosiale media. Studente maak selfs memes daarvan.

C.J. Langenhoven het gesê: “Die nadeel van ’n hoë posisie is die aandag wat jy trek. Tussen die skare hoef jy net vir ’n ordentlike hoed te sorg, maar as jy op die leer staan, sien hulle jou broek en jou skoene ook.”

’n Mens word daarom maklik uitgeken in ’n skare en dan maklik van die leer afgegooi.

Wat gaan van ons word?

Nederigheid kan nooit val nie.

Is dit moontlik dat hierdie leiers op parlementêre en politieke front hulle opinies lewer tot voordeel van die land, of maak hulle net misbruik van die reg op vryheid van spraak?

In vergelyking met ander lande wys Suid-Afrika ons duidelik dat elke land sy negatiewe aspekte het. Alles is ’n stryd, van apartheid tot demokrasie, die stryd om burgerregte, en internasionale krisisse.

Ons kan na verskillende lande kyk en sien dat die politieke stryd oral heers. Dit is wel kommerwekkend om deel te wees van ons land.

die paar wêreldoorloë, tot by verkiesings, ensovoorts. En daarvan wil ek niks meer hoor nie.

Ons kan na verskillende lande kyk en sien dat die politieke stryd oral heers. Dit is wel kommerwekkend om deel te wees van ons land.

Wat gaan van ons word? Wat moet verander? Is alle hoop verlore of is dit slegs in die parlement waar die probleem lê waar die leiers soos diere uit Noag se ark optree?

Vlug of bly?

Op ’n ernstige noot: die parlement kan nie klimaatsverandering beheer nie, maar hulle kan die seile van goeie besluitneming inspan om hul bestemming te bereik.

Tot dan is regstellende aksie en verandering wat in die parlement bespreek word, slegs ’n mooi droom waaruit ons sukkel om wakker te word. En deur te stem, volg ons hierdie droom? Gaan jy dit volg?

Ek bekyk hierdie situasie weer vanuit ’n ander oogpunt en dit gee my grys hare om te sien waarheen ons land op pad is. En ek moet myself afvra, het ek nog ’n toekoms in Suid-Afrika of moet ek ook maar soos baie ander vlug na Australië of Amerika?

  • Luwattlon Kiewiets (22) studeer onderwys aan die Universiteit van die Wes-Kaapland. Hy kom oorspronklik van Beaufort-Wes.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.