Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is dit regtig só sleg hier in SA?
Henri Uys
Henri Uys

Ek hoor gereeld mense wat sê: “Ek moet uit hierdie land kom”. Is dit werklik so sleg hier in Suid-Afrika dat mense uit die land wil “vlug”?

Suid-Afrika en sy mense bevind hulself in ’n moeilike tyd. Die ekonomie is wankelrig en misdaad en werkloosheidsyfers is hoog. Boonop beleef ons ’n moeilike en gespanne politieke atmosfeer met ons land se politieke leiers en hul streke. Dan is daar ook staatskaping wat bydra tot die land se probleme.

Dit voel vir my partymaal asof mense net fokus op die negatiewe dinge wat in ons land gebeur en glad nie op enige positiewe aspekte nie.

Fokus op die positiewe

Daar is baie positiewe dinge in Suid-Afrika wat maak dat ek eerder hier wil bly. Ons het een van die beste klimate in die wêreld en ons ervaar nie verskriklike natuurrampe soos in ander lande nie.

Suid-Afrika ervaar ook nie terreuraanvalle nie. Ons huidige regering is besig met planne om ons ekonomie reg te ruk, meer werkgeleenthede te skep en om misdaad te bekamp.

LEES OOK: Daar is hoop! Alles gaan oukei wees

Om hierdie veranderinge mee te bring gaan tyd vat as dit ordentlik gedoen word. Ons land het soveel interessante kulture en hier word dit aangemoedig dat jy jou kultuur moet beoefen – iets wat in ander dele van die wêreld partymaal onderdruk word.

Die punt wat ek wil maak is dat om uit die land te wil “vlug” om weg te kom van al die slegte dinge hier, nie jou enigste oplossing is nie. Elke land het ’n stel probleme van sy eie.

Misdaad, korrupsie, werkloosheid is ook in ander lande teenwoordig, maar net in ander vorme. Daar heers in baie lande gespanne politiese omstandighede, soos byvoorbeeld in die VSA waar pres. Donald Trump se aanmerkings op Twitter die land verdeel. Jy verruil eenvoudig een land se probleme vir ’n ander land s’n.

Elke land het ’n stel probleme van sy eie.

As ’n klomp mense ons land verlaat, het dit ’n groot impak op die land. Veral as jong mense die land verlaat beteken dit daar minder mense is wat kan bydra tot ons land se ekonomie. Dit beteken weer dat ons ekonomie nie kan groei nie.

Jong mense wat die land verlaat, neem kennis en vaardighede saam met hulle, waardevolle kommoditeite wat ons land baie nodig het.

Ons land het baie om te bied en ek dink nie mens sal sommer beter kry iewers anders nie. Ek glo dinge sal beter begin gaan, maar dit gaan tyd vat en ons moet geduldig wees.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.