Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is jy ’n moderne hippie?

Waaraan dink jy as jy aan ’n hippie dink?

Vuil hare, ’n stink lyf en dwelms? ’n Vegetariër wat in die bos bly? Of dink jy miskien aan ’n blommekind, ’n boheem of ’n vrye siel?

Miskien is jy selfs ’n moderne hippie sonder dat jy dit besef.

Die moderne hippie streef immers na spontaneïteit, direkte persoonlike verhoudings wat uitdrukking gee aan liefde en uitgebreide bewussyn. Hulle is oopkop en dink vooruit.

As ’n hippie lyk soos ’n hippie...

Van die mees ooglopende kenmerke van die hippie sluit in dreadlocks.

Hoekom dreadlocks?

Dis iets wat oor al die jare in verskeie kulture te vind was. Sommige mense sê dat dreadlocks hul ontstaan in Indië het. Die god Shiva en sy volgelinge is moontlik die spirituele oorsprong van dreadlocks in die Indiese kultuur.

Die eerste argeologiese bewyse van dreadlocks kom egter uit Egipte.

Maar ongeag die oorsprong van dreadlocks – in amper elke kultuur het mense een of ander tyd dreadlocks gedra. Gaan loer maar self meer oor die ontstaan van dreadlocks, dis eintlik ’n interessante storie.

Daar word ook geglo dat dreadlocks keer dat energie (lees hier lewenskrag-energie, chi, prana, ki, ensovoorts) die liggaam ontsnap deur die kop en dat dreadlocks hierdie ontsnapping vertraag of selfs heeltemal keer. Dreadlocks simboliseer ook dat ons fisieke voorkoms onbelangrik is en dat ons nietig is.

Baie mense glo steeds dat dreadlocks die natuurlikste en gesondste haarstyl is, aangesien die hare self so sal koek as ons dit aan ons hare oorlaat.

Vandag het mense met dreadlocks egter verskeie redes vir hul keuse van haarstyl. Sommige mense het dit vir geestelike redes, omdat hulle identifiseer met die Rastafarian-geloof en ander bloot omdat hulle van die haarstyl hou.

Indien jy hierdie haarstyl oorweeg, onthou net dit verg aanvanklik baie instandhouding. Dit sal egter die moeite werd wees, want nou kan jy geld wegsit wat jy op al daardie borsels en sjampoe sou spandeer.

Dink oor wat jy eet

Is jy miskien ’n veganis of vegetariër? Of oorweeg jy dit?

Wel, ek kan jou ’n paar dinge vertel van om ’n vegetariër te wees: ek bespaar baie geld, ek eet steeds vreeslik lekker, ek voel ongelooflik gesond en nee, ek verlang nie regtig na vleis nie.

Die vegetariese leefstyl is egter nie vir almal nie. Maar probeer dit.

Leef ’n maand, of slegs ’n week, sonder enige rooivleis en kyk hoe jy voel as jy dit weer eet. Baie mense ervaar dat rooivleis hulle swaar en ongemaklik laat voel. Dis omdat plantproteïene makliker deur die meeste mense se liggame verteer word as vleis-proteïene, maar, soos ek gesê het, hierdie leefstyl is nie vir almal nie.

Persoonlik was mangelontsteking ’n groot probleem vir my, maar vandat ek ’n vegetariese leefstyl volg, het ek nog nie weer siek geword nie.

Dis vir jou om te besluit of jy beter voel.

Sommige mense ervaar ook dat hulle minder siek word. Persoonlik was mangelontsteking ’n groot probleem vir my, maar vandat ek ’n vegetariese leefstyl volg, het ek nog nie weer siek geword nie.

Miskien was vleis die probleem, miskien is dit omdat ek nou baie meer groente en vrugte inneem. Ek weet egter dat dit vir my en vir vele ander mense gesonder en sterker as ooit laat voel.

Hierdie is ’n lewenskeuse wat jou op die ou einde ’n gesonder, gelukkiger persoon gaan maak omdat jy meer bewus word van die brandstof wat jy jou liggaam ingee. Selfs al probeer jy dit net vir ’n paar maande lank.

Die omgewing is belangrik

Die moderne hippie se hart breek wanneer hulle sien hoe ander die natuurlike omgewing disrespekteer.

Tel jy ander se gemors op die straat op en gooi dit weg? Hou maar gerus so aan. Die beste leiers lei deur hul voorbeeld.

Probeer miskien ook herwinning. Jou ekologiese voetspoor sal met veelvoude verminder, jy help die omgewing en jy help jouself en jou medemens. Wanneer items herwin word, gebruik vervaardigers minder grondstowwe om ’n nuwe item te produseer en bespaar dus energie en hou produksiekoste laer.

Alzena Mulder.

Herwinning verminder vullishope en verhoog die behoud van natuurlike habitat. Deur slegs jou papier te herwin spaar jy miljoene bome. Herwinning verminder verder die koolstofvoetspoor, aangesien dit die hoeveelheid kweekhuisgasse wat vrygestel word, verlaag. Herwinning help nie net vir jou nie, maar ook die omgewing en toekomstige geslagte.

Die volle leefstyl van die moderne hippie is miskien nie vir almal nie, maar sommige aspekte, soos hierbo genoem, is voordelig vir almal wat betrokke is. Veral vir die arm student.

Volgende keer vertel ek ’n bietjie meer, maar vir nou gaan ek eers kaalvoet ’n boom klim.

  • Alzena Mulder (24) studeer onderwys aan die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth. Sy kom oorspronklik van Somerset-Oos in die Oos-Kaap.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.