Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is jy 'n skaap of 'n skaapwagter?
Vincent Geldenhuys

Sekere mense is skape en ander is die skaapwagters. Nie almal kan skape wees nie, want wie gaan hulle dan oppas? Net so kan nie almal wagters wees nie, want wat gaan hulle dan oppas?

Die kwessie is eintlik iets wat my na aan die hart lê.

Die wêreld smag na goeie leiers, en dis nie iets wat maklik aangeleer kan word nie – hoewel dit verder ontwikkel kan word – maar jy is óf ’n gebore skaapwagter, óf ’n gebore skaap.

Daar is niks fout daarmee om ’n skaap te wees nie, die wêreld het ook goeie, betroubare skape nodig wat lojaal aan hul wagter is en gewillig is om saam met die trop te loop.

5 eienskappe vir goeie leier

Duidelikheid. Wees spesifiek oor wat jy wil bereik, en lei die skape in daardie rigting. Jou boodskap moenie dubbelsinnig wees nie. Ons sien dit so baie, mense sê en bedoel een ding, maar dan word die boodskap nie goed genoeg oorgedra nie, Dit lei tot konfrontasie en ongelukkige mense. Dus, wees spesifiek en maak seker dat almal jou verstaan.

Die wêreld smag na goeie leiers, en dis nie iets wat maklik aangeleer kan word nie – hoewel dit verder ontwikkel kan word – maar jy is óf ’n gebore skaapwagter, óf ’n gebore skaap.

Eiesoortigheid. Hiermee bedoel ek stick to your guns. As jy ’n besluit neem, hou daarby tot jy die vrugte daarvan pluk. Wees konstant in jou keuses, al gaan dit beteken jy gaan ’n paar opofferings moet maak of op ’n paar tone moet trap.

Moed. Hou moed, en druk deur. Dit gaan nie altyd maklik wees nie en jy gaan miskien ’n paar mense verloor wat belangrik was vir jou, maar jy moet vasbyt en entoesiasties wees. Die beste voorbeeld hiervan vir my is seker dr. Martin Luther King en sy I have a dream-toespraak. Hy wou gelykheid hê vir almal in Amerika. Dit het hom wel sy lewe gekos, maar hy het moed gehou en sy skape het toe gelykheid ontvang omdat hulle respek gehad het vir sy leierskap en omdat hulle deurgedruk het.

LEES MEER: 'Verandering in SA gaan nie in my leeftyd gebeur nie'

Passie. Hoekom wil jy iets doen as jy nie daarvan hou of enige belangstelling daarin het nie? Kry iets wat ’n vuur in jou hart aansteek en werk daaraan om die vuur aan die gang te hou.

Mense gaan nie altyd met jou saamstem nie, maar die skape sal begin volg sodra hulle sien dat jy werklik hierdie doelwit ten alle koste wil bereik. Passie kan nie gekoop word nie, wat beteken dat dit ook nooit van jou af weggevat gaan word nie. So as jy ’n doelwit het wat maak dat jy elke oggend wil opstaan, is dit nie eens meer nodig om ’n alarm te stel nie; jaag jou droom. My gunsteling-aanhaling hieroor is: “Get up, dress up, show up, and whatever it takes, never ever give up.”

Nederigheid

Laaste maar nie die minste nie, is nederigheid. Ek het al op skool gesien, sodra mense in ’n magsposisie beland, draai hulle 180 grade om en is heeltemal ander mense. Maar die belangrikste ding is, never forget your roots asook wie jou gehelp het om tot daar te kom.

Beste voorbeeld van hierdie vir my persoonlik is pres. José Mujica van Uruguay wat 90% van sy maandelikse salaris aan liefdadigheidsorganisasies gee.

Beste voorbeeld van hierdie vir my persoonlik is pres. José Mujica van Uruguay wat 90% van sy maandelikse salaris aan liefdadigheidsorganisasies gee.

Ek dink die groot realiteit waarby mense moet uitkom is dat daar miljarde mense op aarde is, wat beteken dat daar altyd iemand beter as jy gaan wees. So wie is jy om te sê dat jy die beste daarbuite is, jy is nie Muhammad Ali nie.

En ek sal graag wil sien dat met elke nuwe verkiesing, elkeen van die politici wat deelneem eers deeglik geëvalueer moet word om te sien of hulle by hierdie standaarde kan hou.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.