Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Is jy Netwerk24 se Student van die Jaar?
Student van die jaar

Die Student is op soek na Netwerk24 se Student van die Jaar.

Ons wil studente beloon wat deur die loop van 2019 aktief aan Netwerk24 se studenteplatform, Die Student, deel geneem het.

Drie studente staan die kans om R10 000 elk te wen. Hulle sal ook elkeen met die titel van 2019 se Student van die Jaar kan spog!

1. WAT MOET JY DOEN OM VIR DIE PRYS IN AANRAKING TE KOM?

  • Jy moet ten minste 12 meningstukke tussen April en Desember 2019 (9 maande) vir Die Student instuur. Al 12 moet goedgekeur en gepubliseer word.
  • Jy moet inskryf vir elkeen van Die Student se drie rubriek-kompetisies tussen April en November 2019. Jou inskrywing vir die kompetisies is bo en behalwe die 12 meningstukke wat jy moet instuur deur die loop van die jaar.

2. WANNEER MOET JY JOU INSKRYWING INSTUUR?

  • Stuur die links na al jou meningstukke aan diestudent@netwerk24.com teen 31 Desember 2019 om middernag.
  • Jy kan tot 31 Desember 2019 jou meningstukke instuur. Ons gaan dit dan in die eerste week van Januarie 2020 plaas.

3. BEOORDELAARS

Die beoordelaars van die kompetisie is:

  • Anika Marais, redakteur van Die Student
  • Zilke Prinsloo van Die Student
  • Veronique Dreyer van Die Student
  • Kayla Alexander, hoof van sosiale media van Netwerk24
  • Theresa Olivier, adjunk-redakteur van Netwerk24

4. KRITERIA

Die beoordelaars sal die volgende kriteria oorweeg as hulle die drie wenners kies:

  • Die student se skryfstyl
  • Die relevansie van die onderwerpe waaroor die meningstukke gaan
  • Daag die student die lesers van Netwerk24 uit om anders te dink?

5. REËLS

Slegs studente wat in 2019 aan 'n universiteit in Suid-Afrika geregistreer is, mag aan die kompetisie deelneem.

Klik hier vir al die kompetisiereëls.

6. IS JY NOG ONSEKER?

Stuur enige navrae aan diestudent@netwerk24.com

Klik hier om uit te vind hoe om vir Die Student te begin skryf.


Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.