Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Jesus en sy donkie wat sparkling water drink
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch

Dis vroegoggend by Bloemfontein se Shell-vulstasie langs die N1. Die haan het pas ’n derde keer gekraai.

Terwyl ek diesel in my Caddy gooi, stop Jesus langs my met sy donkie en gee vir hom water. Sparkling water nogal.

Ek het al iewers op die internet gelees dat donkies vinniger loop as hulle sparkling water drink en ek kon sien Jesus was haastig, so daai teorie moet waar wees. Ek ruk toe dadelik my foon uit, want wie wil nie ’n selfie neem saam met die man wat op die water geloop het nie?

Ek ruk toe dadelik my foon uit, want wie wil nie ’n selfie neem saam met die man wat op die water geloop het nie?

Nietemin begin ek en Jesus toe gesels. Ek gee vir hom ’n kompliment en sê dat Hy baie lekker ruik vir ’n man wat op ’n donkie ry. Hy lig my in dat daar parfuum aan sy voete is en dat hy nou net van ’n voetewas-aksie af kom. Ek vra vir hom of Adriaan Vlok betrokke was? Hy sê nee dit was deur ’n prostituut wie se naam Hy nie wil noem nie gewas.

Ek dink toe by myself het ’n prostituut Jesus se voete gewas? As die Kerk dit moet uitvind vandag, stop hulle dadelik die “gay debat” en hou sewe sinodes oor of dit reg is dat prostitute mag voete was.

Ek vra toe vir Jesus waarheen hy op pad is en Hy begin vertel dat Hy Sondag in Johannesburg moet wees om jammer te gaan sê vir apartheid, want dit is mos sy ding; om jammer te sê vir goed wat Hy nie gedoen het nie. #DrieDaeLater. Ek kyk skepties na Hom en sê vir hom “sterkte”, want ek weet die volk gaan hom weer kruisig.

Ek kyk skepties na Hom en sê vir hom “sterkte”, want ek weet die volk gaan hom weer kruisig.

Jesus antwoord toe: “Ag nee wat, as ek deur die eerste draft van die ou testament kon lees, sal ek hierdie kan doen”.

Dié man het ’n vreemde sin vir humor, dink ek toe by myself.

Terwyl Jesus so praat, vang my oog die dieselpomp en ek sien ek moet amper R1 100 betaal om my motor vol te maak. “Wat het van hierdie land geword?” dink ek by myself.

Ek vra toe vir Jesus hoekom dit nou juis sy werk is om jammer te sê vir die verlede.

LEES OOK: KYK: Kom ons langarm met almal!

Sy redenasie is as iets soos apartheid so lank in sy naam gedoen is en ondersteun is deur sy kerk, dan moet iemand iewers maar verantwoordelikheid neem.

Hy sien dit nie vandag nie, veral nie deur die kerke nie.

Ek vra Hom uit oor hoekom Hy dink dat dit nou, 30 jaar later, ’n goeie tyd is om jammer te sê vir apartheid. Ek wil ook weet waarom ek moet jammer sê, ek het dan niks daarmee te doen gehad nie. Hy vat toe ’n sluk van sy aangemaakte Powerade wat die prostituut met haar trane vir Hom aangemaak het, en Hy antwoord my: “Ek het dan jammer gesê vir jou sonde en ek het niks met dit te doen gehad nie.”

Ek wens toe in daai oomblik Jesus het ’n mikrofoon by Hom gehad wat Hy kon laat val, want daai antwoord verdien ’n micdrop.

“Ek het dan jammer gesê vir jou sonde en ek het niks met dit te doen gehad nie.”

Daar heers toe ’n baie ongemaklike stilte tussen ons. Dieselfde soort stilte wat ek dink daar was ná Judas vir Jesus verraai het.

Jesus sien ek is onkant gevang deur sy antwoord en brei toe uit. “Bouwer, dit gaan nie oor tydsverloop nie, dit gaan oor wat mense nodig het. Ek het dan 2000 jaar terug vir jou sonde jammer gesê en kyk hoe baie beteken dit vandag nog vir jou. Dink gou aan watter impak dit gaan hê as jy iets doen aan ’n kwessie wat maar net 30 jaar terug nog op jou voorstoep was.”

Ek raak toe so ’n klein bietjie ontstig en kap terug: “Nou wanneer kan ons die ANC begin aanspreeklik hou en blameer vir sy tekortkominge en hoe hulle die mooi mense van ons land vandag in die steek laat?”

Ek het niks om terug te sê vir Jesus nie behalwe net die gedagte dat ek nooit sy liefde sal verstaan nie.

Jesus, besig om terug op sy donkie te klim, sê toe jy kan albei doen. “Jy is ’n mens met die vermoë om albei te doen. Jy kan jammer wees vir die verlede en ontsteld en krities wees oor die hede, dit is oukei om twee emosies op een slag te voel.”

Ek het niks om terug te sê vir Jesus nie behalwe net die gedagte dat ek nooit sy liefde sal verstaan nie.

Petrus bring toe my dieselstrokie. En net toe ek vir Jesus wou vra of ek die diesel kan betaal met my hemelse skatte, sien ek Hy is al op pad. Hy draai toe om en skree toe vir my: “Stuur groete vir FW en Cyril".

  • Bouwer Bosch (34) is 'n musikant en rolprentvervaardiger en is 'n gasskrywer vir Die Student. Hy het BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit studeer en kom ook oorspronklik van Potchefstroom af. Hy woon nou in Randburg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Ons stuur elke Vrydag ‘n nuusbrief uit met die drie gewildste meningstukke van die week. Klik hier en teken in vir die Stemme-nuusbrief.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.