Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Jong mense het óók insig om te deel
Mieke Hofmeyr
Mieke Hofmeyr.

“Onkundig, vasgevang in ’n droomwêreld, idealisties en oningelig.”

Dames en here, volgens die ouer generasie is die toekoms van die wêreld nie in baie bekwame hande nie, as ’n mens die mening van lesers in Die Student se kommentaar- afdeling kan glo.

Ons milleniërs se insigte oor wêreldgebeure, rassekonflik, geloof en Steve Hofmeyr is ongegrond en beslis nie die moeite werd om ernstig opgeneem te word nie. Of so lyk dit.

Jare lank is daar geglo dat kinders en jongmense gesien en nie gehoor moet word nie. Dit was die samelewing waarin baie van ons ouers en grootouers grootgeword het en baie van hulle steun hierdie sentiment vandag nog.

Maar dit is nie meer die samelewing waarin ons vandag leef nie. Ons leef in ’n samelewing waar hoërskoolkinders veldtogte teen wapengeweld reël, waar ’n 15-jarige die gesig van vroueregte en vrede in die Ooste word en waar ’n nasionale nuuspublikasie vir jong mense ’n platform bied om hul stem te laat hoor.

Ons is gretig om te leer

Ons lewe beslis nie in ’n idealistiese borrel waar ons glo dat alle konflik in ’n oogwink opgelos gaan word nie, maar ons kies om die generasie te wees wat ’n hand uitsteek oor kultuur- en rassegrense heen.

Ons glo nie dat alle mense inherent goed of inherent sleg is nie, maar ons kies om die generasie te wees wat nie net sleg in almal raaksien nie.

Ons weet beslis nie alles wat daar is om te weet nie, maar ons kies om ’n generasie te wees wat ingelig is oor dit wat in ons land en in ons wêreld gebeur om sodoende ’n goeie toekoms vir onsself te bou.

Ons lewe beslis nie in ’n idealistiese borrel waar ons glo dat alle konflik in ’n oogwink opgelos gaan word nie, maar ons kies om die generasie te wees wat ’n hand uitsteek oor kultuur- en rassegrense heen.

Hoe kry ons dit reg om so ’n generasie te wees?

Op watter fondasie bou ons hierdie toekomsdroom?

Op die fondasie wat generasies voor ons gebou het!

Aan al die ouer lesers, ons jong generasie weet beslis nie alles nie, selfs al lyk dit dikwels asof ons so dink.

Ons weet dat julle, ons ouers, tannies, ooms, oupas en oumas ’n skatkis vol kennis het om met ons te deel en ons, of die meeste van ons, is baie gretig om te leer.

LEES OOK: Millenniërs se probleem en ander waarhede

Ons het egter ook iets om te deel. Elke generasie word in ’n ander era, ’n ander samelewing groot. Ons het ander ervaringe en kry ander geleenthede en het daarom ook ’n ander tipe kennis om te deel.

Wanneer ons ons mening deel, is dit nie omdat ons glo ons weet beter as almal anders nie, maar omdat ons graag die kennis en insig wat ons in ons unieke ervaringe opgedoen het, wil deel.

Ons wil nie langs die kantlyn sit nie

Aan alle ouers, hoekom wil julle jul kinders laat deelneem aan redenaarskompetisies as julle hulle nie wil leer om hul eie standpunt en mening te vorm nie?

Waarom kinders blootstel aan die kuns van debat as julle hulle nie wil leer om moontlik van ander te verskil nie?

Waarom kinders motiveer om te lees, as julle nie hul kennis oor mense en die wêreld daarbuite wil uitbrei nie en waarom kinders universiteit toe stuur, as dit nie is om selfdenkende individue te kweek met unieke insigte en kennis nie?

Ons millenniërs is ’n generasie wat nie langs die kantlyn wil sit en toekyk hoe ander aktief deelneem aan die samelewing nie. Ons wil ook deelnemers wees en net omdat ons jonger is, beteken dit nie ons deelname is minder werd nie.

Ons millenniërs is ’n generasie wat nie langs die kantlyn wil sit en toekyk hoe ander aktief deelneem aan die samelewing nie. Ons wil ook deelnemers wees en net omdat ons jonger is, beteken dit nie ons deelname is minder werd nie.

Ek wil graag elke ouer leser met die volgende gedagte laat: Wil u eerder u land en u wêreld agterlaat in die hande van ’n groep opinielose en ambisielose mense of in die hande van ’n vooruitstrewende generasie wat nie net geleer het by vorige generasies nie, maar ook selfstandige denkers is?

Soveel as wat ons graag wil leer, soveel het ons ook om te bied.

  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir Die Student se rubriek-kompetisie, waar studente aan lesers moet verduidelik wat hulle nie van die jonger generasie verstaan nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Diestudentgenerasies  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.