Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Jou omstandighede bepaal nie jou toekoms
Verlies en gebed in die jaar 2020.
Verlies en gebed in die jaar 2020.

In die jaar 2020 het daar so baie dinge met almal van ons gebeur.

Ons is getref deur siektes, verliese as gevolg van dood, werkloosheid en nog vele ander dinge, maar ons het heel anderkant uitgekom. Ons is gespaar om die jaar 2021 te sien.

Michelle Diedericks

Ná die dood van my moeder in 2020 het ek regtig gewonder hoe ek my studie gaan klaarmaak. Hoe fokus ’n mens as jy skielik uitbars in trane of jou gedagtes ronddwaal, so erg dat jy nie eens weet hoe om met jou take te begin nie?

Mense uit my generasie sou sê, the struggle is real. Dit het my op ’n punt gebring waar ek vir myself gesê het ek moet net slaag.

Ek onthou nog hoe ek een aand op my bed gesit en huil het oor my ekonomietaak wat klaar moes kom, maar die woorde wat my nie wil bereik nie.

In hierdie stadium kon ek nog nie bid nie, omdat ek fisiek, emosioneel en intellektueel uitgeput was. Al wat ek kon sê was: “Liewe Heer, ek het U nou baie nodig.”

Ek onthou een van my juffrouens op laerskool het altyd gesê ’n skietgebedjie is ook gebed en hiervan kan ek nou getuig.

Die res van die jaar was bitter moeilik, want terwyl ons hart gebreek was, was ons ook in isolasie vir 14 dae. Hierdie 14 dae het ek in vrees geleef en toe het ek begin wonder waar ek in my lewe so erg verkeerd gehandel het om dit te verdien.

Ek het egter geleer dat ek geen reg het om die Here se doel en redes te bevraagteken nie. Om deur te druk en aan te hou was toe my enigste opsie om my akademiese jaar te voltooi en ek het soveel mense gehad om na op te kyk.

Een van my vriendinne ly aan ’n ongeneeslike siekte. Sy sukkel om te loop, moes met posttraumatiese stres kennis maak en die dokters het verklaar dat sy nie haar akademiese jaar sal kan voltooi nie as gevolg van verlore breinfunksie. Sy het deur so baie gegaan, maar steeds het sy dit reggekry om terug universiteit toe te gaan. Boonop het sy al haar modules geslaag.

Dis maar net een van die vele stories wat ek kan vertel. Met die motivering, inspirasie en ondersteuning van vele mense kon ek toe ook my akademiese jaar voltooi. Uit my nege modules het ek in vyf onderskeidings verwerf en vanjaar is ek ’n finalejaarstudent.

Ek het grootgeword in ’n huis waar ek elke dag gehoor en ervaar het hoe belangrik dit is om die Here altyd eerste te stel in jou lewe.

Elwira Standili sing so mooi van Sy Hand en ek weet dis net sy Hand wat ons deur die jaar gedra het. Ek en my gesin het soveel om voor dankbaar te wees, ten spyte van alles wat in 2020 gebeur het.

Daarom is my leuse vir 2021: “Jou huidige omstandighede moenie jou toekoms bepaal nie.’’

  • Michele Diedericks woon in die Paarl en studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie op Wellington.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook! 

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

Maar jy wonder nog heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.


Meer oor:  Mening  |  Studente  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.