Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Jy is meer as jou punte'
??Marisa de Kock
Marisa de Kock

Ek is ’n perfeksionis en ek verkies om in beheer te wees van wat in my lewe aangaan. Ek is nie iemand wat altyd die beste in als wil wees nie. Ek wil net my bes gee en dis vir my goed genoeg.

Op skool het ek akademies baie goed gevaar. Ek het hard gewerk om my A’s te kry. Ek het, om eerlik te wees, selde sleg gevaar in toetse op skool.

Ná skool het ek universiteit aangepak met die idee dat my punte gaan val, maar ek het geglo jy dop nie maklik op universiteit nie. My eerste semester het goed gegaan.

Die tweede semester het nie so goed afgeloop nie. Ewe skielik het dit gevoel asof my bes nie meer goed genoeg is nie. Ek leer hard, maar steeds slaag ek nie. Ek het twee van my modules nie geslaag nie. Een module is nog verstaanbaar, maar twee?

Dit het gevoel soos die einde van my wêreld. Ek het gevoel soos ’n mislukking. As ’n perfeksionis kon ek nie verstaan hoe ek kon dop nie?

Kwaad vir myself

Ek moes harder gewerk het. Ek moes my tyd beter bestee het. Ek kon aan soveel goed dink wat ek anders moes gedoen het. Ek het gevoel ek is ’n mislukking en ek gaan nie my graad maak nie, ek kan universiteit net sowel los.

As ek in my eerste jaar dan al so sukkel, hoe moet die res dan nie lyk nie? Ek het gedink ek is eintlik net ’n mors van geld vir my ouers. Om ’n module oor te doen, is nie kleingeld nie. Ek het oorreageer en baie ekstra stres op myself geplaas.

Ek het wel die voordeel gehad dat ek vir my een module ’n somerskool kon doen. Somerskool was vir my die moeite werd, al word jou vakansie kortgeknip. Jy kry kans om jou module af te handel sonder ander afleidings of verpligtinge.

Jy wil jou nie dood leer en geen sosiale lewe hê nie. Jy wil nie net social en dan nie slaag nie. Jy moet ’n balans probeer vind.

het my module wat ek eers gedop het baie goed geslaag. Ek het 72% vir my module gekry wat ek eers nie kon slaag nie. Dit was nie ’n nagmerrie nie, en ek is baie trots op my punt.

Ons dosent op somerskool het ook gesê ons klomp is nie dom nie, ons kan net nie ons tyd goed bestuur nie.

Tydbestuur is moeilik. Veral in jou eerste jaar wanneer als nuut en vreemd is. Jy wil jou nie dood leer en geen sosiale lewe hê nie. Jy wil nie net social en dan nie slaag nie. Jy moet ’n balans probeer vind.

Die realiteit is, soms is als net te veel. Jy kom nie by alles uit nie. Die hoeveelheid stres wat ek in die laaste semester ervaar het, het my produktiwiteit baie benadeel.

Harde werk word beloon

Ek voel op skool leer hulle jou verkeerd. Op skool is jy of slim en die onderwysers hou van jou, of jy is dom en ’n probleemkind. Die tussen-in-leerlinge “kan altyd beter”.

Punte definieer jou nie! Ek het dit verlede jaar eers besef. Ek is nie ’n mislukking oor ek ’n toets nie geslaag het nie. Die toets maak my nie wie ek is nie. Dit wys net ek moet harder werk om uit te kom waar ek wil wees.

LEES OOK: Soms is opskop die regte keuse

Ek moet eerlik wees ek het oorweeg om op te skop. Miskien is swot net nie vir my bedoel nie, het ek gedink. Maar ek het besluit een struikelblok kan my nie so gou onderkry nie.

Wie gee om of ek iets moes her? Wie gee om wat ander van jou dink as jy doen wat jou gelukkig maak en waarin jy belang stel?

Dit was wat my gemotiveer het om aan te hou swot – die feit dat daar nie iets anders is wat ek wil doen nie. Ek wil meer leer en my kennis opbou. Ek wil my graad vang.

Ek wil doen wat my gelukkig maak, al is my paadjie bietjie anders uitgelê as wat ek my voorgestel het. Ek is meer as net my akademiese vermoë.

Ek is gemaak soos God my wil hê en ek loop die paadjie wat God vir my uitgelê het, so ek doen my bes en verder sal als uitwerk soos dit moet.

Ek is meer as die foute wat ek gemaak het. Ek is meer as my swak of sterk punte. Al my talente en foute maak my wie ek is en selfs dan is ek meer as dit.

Ek is gemaak soos God my wil hê en ek loop die paadjie wat God vir my uitgelê het, so ek doen my bes en verder sal als uitwerk soos dit moet.

Ek wil net vir die studente sê: Al slaag jy nie ’n toets nie, jy staan op, probeer weer en gee net jou bes. Dit is nie die einde van die wêreld nie.

Ek sukkel self nog daarmee om te aanvaar dat als nie altyd uitwerk soos ons dit wil hê nie. Ek het onlangs woorde gehoor wat vir my baie inspirerend was: “I want to do more in my life than just give up.” Harde werk sal beloon word.

  • Marisa de Kock (19) studeer BCom Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy kom oorspronklik van Caledon in die Overberg.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy die student se whatsapp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.