Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Jy is nie 'n stukkie van 'n legkaart nie. Jy hoef nêrens in te pas nie'

Team Metaphor. People Connecting Puzzle Elements.

Die Afrikaanse rymkletser Hilton sê in een van sy liedjies: “Uitstaan is die main ding.” En ek stem eenhonderd persent met hom saam. As daar een ding is wat niemand beter as jy kan doen nie, is dit om jouself te wees.

As jy gemaklik wil voel in jou eie vel, en jy wil oukei wees met wie jy is en wat jy het, moet jy jouself diep in die oë kyk en sê: “Ek rebelleer teen die samelewing se reëls, ek rebelleer teen my hare wat nie reg wil lê nie, teen my skoene sonder ’n name brand, en oorgeërfde klere. Want ek is nie ’n legkaartstukkie nie. Ek hoef nêrens in te pas nie.”

Jy moet dit herhaal totdat jy eendag wakker word en dit werklik glo. Te veel mense sterf nog voordat hulle lief kon raak vir hulself. Maak seker jy word nie een van daardie mense nie.

Megan Adendorff
Megan Adendorff

Ek dink alles begin wanneer jy skool toe gaan en jy mense met meer en minder as jy teëkom. Dit is dan dat jy begin voel jy moet inpas. Ek het oor die jare gesien hoe seer daardie behoefte ’n mens maak, veral as jy die enigste persoon in jou groepie is wat nie daardie Nike-sweetpak het nie. Maar weet jy wie word die seerste gemaak in die proses? Jou ouers. Want dis op hulle wat jy die druk plaas, dis hulle wat skuld moet aangaan net omdat jy iets wil wees wat jy nie is nie.

Wat ek eintlik probeer sê, is dat wanneer ons ons ouers druk vir ’n ding en dit op die ou end kry, besef ons nie dat ons net dalk ’n hele paar maaltye as gevolg daarvan sal moet prysgee nie.

Om te probeer inpas met klere, skoene, selfone en juwele is een ding, maar as jy jou fisieke voorkoms probeer verander, is daar ’n probleem.

Maar die samelewing is die grootste probleem, want wanneer die wêreld sy skoonheidstandaarde verander, sal daar nie iets soos anoreksie wees nie.

Ons sal nie die druk voel om ons hare te relax of reguit te maak nie. Ons sal nie agter onderlaag en eye shadow skuil nie. Dit wat nou ’n noodsaaklikheid is, sal dan ’n keuse wees.

Die wêreld en sy belaglike skoonheidstandaarde is die rede waarom baie van ons nie goed genoeg voel nie, hoekom tieners die behoefte ervaar om hulself te verander en hul ouers te dwing om onbekostigbare goed te koop.

As mense in advertensies meer natuurlik uitgebeeld word, sal mense besef dat ’n legkaart se stukke moet inpas, maar nie jy nie. Daar is niks fout daarmee om dit wat jy is ten volle uit te leef nie.

  • Megan Adendorff studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy kom oorspronklik van Amstelhof in die Paarl.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.