Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk'
Anri Basson
Anri Basson

Die gras is altyd groener aan die ander kant, so wat maak dit saak?

Is dit nie hoe van ons partykeer klink nie?

Ons is geneig om die uitdrukking te glo en onsself daarmee te vereenselwig.

Jy mag dalk dink die gras is groener aan die ander kant, maar as jy die moeite doen om jou eie gras nat te maak, sal dit net so groen wees.

Ons is in ’n konstante rusie met die samelewing en dis die probleem. Ek is self skuldig daaraan. Ons dink altyd dat ons gelukkiger sou wees in ander omstandighede. Maar hoeveel van daardie mense is werklik gelukkig?

Ons word so vasgevang in die verslawing van ander se lewens en wat hulle doen dat ons vergeet om dankbaar te wees vir wat ons het.

Ons verloor ons eie seëninge so gou uit die oog en hoe hard ons gewerk het om sekere dinge te bereik. Jy saboteer jouself deur op ander se prestasies te fokus in plaas van jou eie. Maar tog is dit so moeilik om tevrede te wees met wat jy het en waar jy is in die lewe.

Kyk op na God

Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Jou geluk word nie bepaal deur ander se menings of ander se rykdom nie. Vergelyking beroof jou van jou vreugde. Ons wil wegkruip agter soveel menings, leuens en eksterne faktore, dat ons langs die pad ons eie waarde verloor, en dis waar ons die fout maak . . .

Jy hoef nie te kyk na iemand anders om te weet hoe goed jy is nie, kyk net op na God. Jy moet leer om gelukkig te wees met jouself. As jy dit kan doen, sal jou gras net so groen word.

Jy hoef nie te kyk na iemand anders om te weet hoe goed jy is nie, kyk net op na God. Jy moet leer om gelukkig te wees met jouself. As jy dit kan doen, sal jou gras net so groen word.

Alles begin by ’n opsie, dit hang net af of jy dit gaan kies. Soms is dit nie ander mense wat moet verander nie, maar jy self. Sodra jy jouself verander, sal jy jou vrede en geluk in die lewe vind. Besef hoe geseënd jy is met wat jy het.

So, gaan jy kies om te kyk hoe ander mense se tuine groei of gaan jy jou eie tuin plant en versier? Jy beskik oor die vermoë om die uitslag van jou lewenstuin te bepaal.

So maak dit ’n goeie een.

  • Anri Basson (24) studeer BCom Finansiële Bestuur aan Unisa. Sy het groot geword op 'n plattelandse dorpie in die Noordwes, Bloemhof.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.