Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Jy nie vir ander kan lief wees as jy nie vir jouself lief is nie'
Mareli Swart
Mareli Swart

As jy jouself in die 21ste eeu nog afvra of die liefde werklik anders lyk, dan vra ek jou om vir ’n paar sekondes stil te staan en in te neem wat om jou aangaan.

Dit is ook belangrik dat ons as die mens saam hierdie pad van verandering saam met die liefde stap.

Die liefde lyk anders, want net soos iets so eenvoudigs soos ’n kar verander om by die behoeftes van die mens aan te pas, so ook word die liefde in dieselfde situasie bevind. Dit is ook belangrik dat ons as die mens saam hierdie pad van verandering saam met die liefde stap.

Moederliefde vir moederaarde

Die verandering in die wyse waarop ons liefde karakteriseer, kan ek sien in die manier hoe ons die aarde liefhet. Klimaat-aktiviste soos Greta Thunberg en Vanessa Nakate het ons opnuut laat besef dat die verhouding van neem-sonder-om-terug-te-gee tussen ons en moederaarde op meer as een vlak toksies is.

LEES OOK: Klimaat: Ons gaan nog spyt wees, en wie gaan rou?

Ons is besig om vandag opsetlik ons liefdestaal teenoor die aarde te verander, ons dink voordat ons doen en doen om die aarde te verbeter, haar stryd te vergemaklik en haar te red.

Dit is ’n liefde wat ’n paar dekades terug slegs deur ’n paar toegepas is en eeue terug deur byna niemand nie, maar dit het gegroei tot ’n onbeheerste drang om te verander om op die ou end die verhouding te red.

Om jouself lief te hê

Die konsep van selfliefde het die afgelope paar jaar meer en meer in gesprekke opgeduik. En nee, dit is nie die idee van ’n goeie selfbeeld wat jy van gr. 4 af in L.O. geleer het nie, dit is die wyse waarop jy verseker dat dit wat jy doen in jou lewe vir jou geluk bring en tot jou welstand bydra.

Ek sien ’n opbloei in hierdie tipe liefde, want hoe meer ek daaroor dink hoe meer besef ek dat “jy nie vir ander kan lief wees as jy nie vir jouself lief is nie”.

Dit is die tipe liefde wat veroorsaak dat ander garde die jeug van die dag as selfgesentreerd beskou.

Dalk is dit dié liefde wat ons ernstiger moet opneem, pas jouself eers op voordat jy ander probeer oppas, en hou op vaskyk in die etiket van die eie ek wat daarop geplaas word. Dit is die tipe liefde wat veroorsaak dat ander garde die jeug van die dag as selfgesentreerd beskou.

Ek dink dit is ons eie bewustelike stap in ’n rigting waar jy elke dag wil groei en nie oor 20 jaar wil wakker skrik met die besef dat jy ’n fout gemaak het en ongelukkig is nie.

Baie mense beoefen hierdie liefde, maar ek voel ons as Suid-Afrikaners is nog nie bewus van die wondere wat dit vir ons eie gemoedstoestand kan beteken nie.

LEES OOK: Dis tyd om na jou liggaam te begin luister

Ek glo dit is hierdie liefde wat die meeste verander het. Dit is ’n verandering wat gepaardgaan met die afbreek van homofobie, xenofobie, rassisme, seksisme en alles wat haat uitspreek op dié met wie jy ’n omgewing deel.

Liefde vir ander

Om ander lief te hê gaan hand aan hand met aanvaarding en om diegene wat in jou lewe tree, onvoorwaardelik te aanvaar. Die leerproses waardeur jy gaan om dit eindelik te bekom is een waar daar baie bevraagteken word en introspeksie plaasvind.

Die wyse waarop ons ander verwelkom in ’n omgewing is tekenend van die verandering van die wyse waarop ons liefhet. Ek sien elke dag hierdie liefde deur net om my te kyk na die mense met wie ek ’n leefruimte deel, studente wat drie dekades terug nie die lokaal kon binnekom nie en studente wat tot onlangs toe nie volkome hulself kon wees nie.

Om ander lief te hê gaan hand aan hand met aanvaarding en om diegene wat in jou lewe tree, onvoorwaardelik te aanvaar.

Dit het stelselmatig verander en die proses is nog lank reeds nie voltooi nie, daarvoor het te veel haat in ons daaglikse lewens ingewurm.

Staan weer ’n bietjie stil en beskou die liefde wat om jou groei. Die liefde is veel anders as 30 jaar of selfs ’n jaar gelede. Dit groei uit die rou wonde wat haat gelaat het, dit pas aan by die omstandighede van ’n droë en moeë aarde, en dit floreer en neem nuwe vorme aan vanuit dié wat kies om onvoorwaardelik lief te hê.

Meer oor:  Liefdediestudent  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.