SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Die Student
Kan grond-onteiening dalk goed wees?
Carla Visagie
Carla Visagie

Ek is ’n stadsjapie deur en deur, maar dit beteken nie dat ek nie die plaas ook kan geniet nie.

Deesdae wanneer jy onderwerpe soos plase of boerdery aanraak, draai die gesprek vinnig na grondhervorming en grondonteiening oftewel grondrestitusie.

'n Sensitiewe saak

Dit word ’n negatiewe, emosionele gesprek vir dié wat daardeur geraak word.

En almal wat eiendom besit of wat hoop om hul eie stukkie aarde te bekom, word daardeur geraak.

Ek wil my opinie lewer oor hoe boere en die landbousektor geraak word.

As deel van my matriekvakansie is ek plaas toe saam met ’n paar vriendinne. Dit het toe geblyk om ’n heerlike naweek te wees – van die opwinding om agter-op die plaasbakkie te ry tot die salige stilte weg van die stadsgeraas.

Vir ’n oomblik kon ek vergeet van die vrees en kommer waarin party boere leef, totdat die onderwerp van grondonteiening een aand opduik.

Vir ’n oomblik kon ek vergeet van die vrees en kommer waarin party boere leef, totdat die onderwerp van grondonteiening een aand opduik. In alle eerlikheid was ek baie nuuskierig om die boer by wie ons gebly het se opinie te hoor.

Hy het gesê dat hulle nie daar grond sal vat nie, omdat dit moeilik is om daar te boer.

Hy het ook gesê (en ek parafraseer) dat al word grond teruggegee, weet die mense wat dit kry nie noodwendig hoe om dit optimaal te gebruik of hulle het nie die finansiële middele nie.

LEES OOK: Pres. Ramaphosa, dink mooi oor grondverdeling

Gevolglik gaan die produksie van die grond verlore.

Ná die eerste opmerking het ek gedink: “So, hulle wil nie hard werk nie?” Maar ná die tweede het ek besef dat as die nuwe grondeienaars reeds sukkel om ’n suksesvolle boerdery op die been te bring in ’n “maklike” gebied, wat sal gebeur in ’n “moeilike” gebied?

Wat is openbare belang?

Ons is afhanklik van boere om in ons behoeftes te voorsien, so waarom sal grond, wat reeds aangewend word om aan die land se behoeftes te voorsien, weggeneem word met onvoldoende of geen vergoeding?

Tog gaan dit nie net oor ’n stukkie aarde nie. Dit gaan daaroor om menswaardigheid terug te kry. Ongelukkig ten koste van die land se landbousektor en die gemoedsrus van die huidige grondeienaars.

Indien die verandering nie duidelik stel watter grond geneem mag word nie, kan dit tot verdere paniek lei.

Op die oomblik maak die Grondwet voorsiening vir grondonteiening solank dit in die openbare belang is of ’n openbare doel dien.

Ongelukkig is dit baie vaag, want presies wat is die openbare belang? Volgens my is dit in die openbare belang om ongebruikte grond aan mense te gee wat bereid is om dit te bewerk. Nie net is dit tot die voordeel van daardie mense nie, maar dit kan ook die land bevoordeel.

LEES OOK:  'Beste Cyril, staar ons 'n wit volksmoord in die gesig?'

Daar word tans oorweeg om die Grondwet te verander om toe te laat dat grond sonder vergoeding onteien mag word.

Indien die verandering nie duidelik stel watter grond geneem mag word nie, kan dit tot verdere paniek lei.

Indien hierdie geleentheid egter gebruik word om alle onsekerheid uit te skakel oor watter grond geneem mag word, kan dit in werklikheid gemoedere kalmeer. Bygesê, solank as wat dit regverdig is om die aangeduide grond te vat.

Wie gaan dit finansier?

Om terug te kom by die tweede punt wat die boer gemaak het: Die regering moet ’n plan in plek hê om die nuwe grondeienaars by te staan om te verseker dat die grond beter benut word ná die verandering in eienaarskap as voor die tyd.

Dit sal moontlik finansiële bystand behels, want dit is nie goedkoop om ’n boerdery te begin of te onderhou nie.

Die regering sal mooi moet dink waar hulle genoeg geld gaan kry om so iets te finansier of hulle gaan saam met banke moet werk om dit te realiseer.

Dit sal moontlik finansiële bystand behels, want dit is nie goedkoop om ’n boerdery te begin of te onderhou nie.

Hierdie plan sal ook ’n mate van opleiding of raadgewing moet behels. Wat wonderlik sal wees, is as ’n liggaam van bestaande boere gevorm kan word om leiding te bied aan die nuwelinge.

Op daardie noot: Dankie aan elke boer wat dit sy of haar lewenstaak gemaak het om aan hul land te voorsien. Mag hierdie dispuut ’n gunstige uitkoms vir alle betrokke partye hê.

  • Carla Visagie (18) studeer BRek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het pas aan die Hoërskool Tygerberg gematrikuleer.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.