Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Kan ons stem vir "geen van die bogenoemde"?
Tjaart Van Der Walt
Tjaart Van Der Walt

’n Demokrasie gaan in beginsel oor geleentheid en keuses. Die geleentheid om keuses te maak. Die vryheid om te kies. Maar is ons werklik vry om te kies as daar onbevredigende opsies aan ons gegee word?

Ek gaan nie stem nie, want daar is nie ’n “geen-van-bogenoemde”-opsie op die stembrief nie.

Ek gaan (soos talle ander Suid-Afrikaners) nie ’n moordkuil van my hart maak nie. Daar is eenvoudig nie ’n party wat aan my minimum vereistes voldoen nie.

Om vir ’n party te stem, beteken dat ek my vertroue volkome vestig in die party se ideologie, praktyke en werk.

Dit is ’n groot verbintenis om te maak – een wat ek beslis nie ligtelik opneem nie.

Ons moet ons wantroue te kenne kan gee

My oortuiging is dat daar op die stembrief vir ’n “geen-van-bogenoemde”-opsie voorsiening gemaak moet word. My motivering vir hierdie stelling? Dit moet moontlik wees om ons wantroue in politici te kan uitdruk.

Daar is ’n groot aantal Suid-Afrikaners wat werklik omgee en wat graag wil deelneem aan die demokrasie, maar wat eenvoudig nie onbekwame mense of gulsige geldwolwe met hul stem die mag wil gee nie. Ek is een van hulle.

Nadat die Suid-Afrikaanse regering en talle politieke partye ons keer op keer skaamteloos in die rug gesteek het, wil ek my misnoeë behoorlik aan hulle kommunikeer.

Ek glo dat dit roekeloos en onverantwoordelik is om leiers te bemagtig terwyl jy hulle terselfdertyd betwyfel.

Populisme en opportunisme het die middelpunt van talle partye se verkiesingsveldtogte geword. Die dood van Suid-Afrikaners en skoolkinders word gebruik om politieke propaganda te versprei.

Populisme en opportunisme het die middelpunt van talle partye se verkiesingsveldtogte geword. Die dood van Suid-Afrikaners en skoolkinders word gebruik om politieke propaganda te versprei.

Dit is vir my absoluut ondenkbaar om hierdie tipe leierskap te ondersteun met my stem.

Daar is min politieke leiers wat werklik Suid-Afrika as ’n geheel wil laat werk. Die meeste politieke partye dien net sekere groepe, en daarvoor kan ek ook nie staan nie. Om dit te ondersteun, sal sinneloos wees.

Om sekere groepe voorkeur te gee bo ander, gaan Suid-Afrika net dieper laat verdrink in die see van politieke onrus en konflik.

Wat verteenwoordig demokrasie?

Ons sogenaamde demokrasie verteenwoordig buitendien nie meer die landsburgers nie.

Die huidige regering het nie die daad by die woord gevoeg nie – beloftes gemaak en gebreek. Beloftes in tye van verkiesings is niks werd nie. Beloftes is die vervoermiddel na die parlement toe. Dis al.

Partye beloof hul trou aan sekere idees en fokuspunte in verkiesingstye, maar dit word vinnig vergeet sodra hulle in die gesagsposisies is.

Die dag as ek stem, sal ek seker wees dat ek vyf jaar lank met my keuse kan saamleef.

Die probleem is egter dat die partye hul mag gegee is gebaseer op daardie beloftes. Sodra die beloftes tot niet gaan, is die kiesers ontevrede omdat hul belange nie verteenwoordig word nie. Ek gaan nie dieselfde fout maak nie.

Die gedagte dat ’n land se regering ’n weerspieëling is van die meerderheid van sy landsburgers se idees en opinies, tref my die diepste.

Ek weier om aandadig te wees aan die huidige politieke misdrywe. Die enigste opsie wat ek sou kies, bestaan nie op die oomblik nie.

Die dag as ek stem, sal ek seker wees dat ek vyf jaar lank met my keuse kan saamleef.

  • Tjaart van der Walt (21) studeer tans BA Regte aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.