Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Klerk nie bang om haar hande vuil te maak in inperking nie

Tug of war, young female character pulling a rope,

As daar nou iemand is wat ek as ’n Samaritaan beskou, inperking of nie, dan is dit Natasha Rooi.

Sy is 'n 21-jarige finansiële klerk by die departement van gesondheid en sy het reeds ’n groot verskil in haar gemeenskap gemaak.

Toe pres. Cyril Ramaphosa die nasionale staat van inperking aangekondig het, het sy dadelik geweet dat baie mense in haar gemeenskap swaar kry. Weens die inperking het baie mense hul werk verloor. Daar is ook baie kinders in die gemeenskap wat afhanklik is van die kos wat hulle elke dag by die skool kry.

Op daardie tydstip het sy nie die geld gehad om 'n sopkombuis te begin nie, maar ná 'n maand se spaar kon sy begin.

Carlin Adriaanse
Carlin Adriaanse

Natasha sê sy het dit as 'n gulde geleentheid beskou om haar medemenslikheid uit te leef. Met haar eie geld het sy bestanddele gekoop en haar familie het haar ondersteun. Haar ma help haar met die kos, en haar pa sorg dat almal minstens 1,5 m van mekaar af staan en ook dat almal se hande ontsmet is wanneer hulle kos kom haal.

Aanvanklik het sy begin met groentesop en stampmielies met bone omdat dit winter was. En ook lemoene om te verseker dat almal vitamien C inkry. Mettertyd het sy ook begin om geregte te maak soos breyani, macaroni en vis, kerrie en soet botterskorsie.

Sy sê sy het nou nog nie vaste borge nie, maar sy kry nou en dan ondersteuning uit die gemeenskap. Sy kry brode by ’n plaaslike winkel en lekker vetkoeke wat gemaak word deur een van die tannies in die omgewing.

Natasha het al diep in die harte geklim van baie lede van die DA omdat sy altyd so betrokke is, veral by verkiesings en ander gemeenskapsprojekte.

Een van haar grootste borge is Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR van landbou, wat al dikwels vir haar vars groente en lemoene geborg het. Selfs raadslid Sharlaine Oerson dra altyd bestanddele vir haar sopkombuis by.

Nie net is sy 'n Samaritaan nie, maar ook 'n jeugaktivis. Sy en ses ander jeuglede het besluit om op Erfenisdag 'n vreedsame optog te hou teen geslagsgegronde geweld, omdat misdaad teen vroue en kinders al so deel geword het van ons kultuur.

Hulle het eers uitgevind watter prosedures gevolg moet word vir die optog. Die nodige is gedoen en toe is hulle na Kleinvlei se polisiekantoor om te hoor of van die beamptes vir hulle beskerming sou bied op die dag van die optog.

Die kaptein van die polisiekantoor het twee voertuie beskikbaar gestel. Hulle was baie behulpsaam met die uitwerk van die roete, en was so gaaf om waterbottels op die dag te vervoer. Die buurtwag van Kleinvlei is ook op die dag betrek en die munisipaliteit het twee wetstoepassingsbeamptes saamgestuur om te verseker dat alles vlot verloop. Natasha en haar maats het self die plakkate gemaak. Die optog was suksesvol en vreedsaam, net soos hulle dit wou hê.

Volgens Natasha is die optog die eerste, maar beslis nie die laaste nie. Daar is reeds sprake van een teen einde vandeesmaand.

Natasha is baie betrokke by haar gemeenskap en sy doen wat sy kan om 'n verskil te maak. Die sopkombuis is hoe sy haar verantwoordelikheid teenoor haar medemens uitoefen.

  • Carlin Adriaanse studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
  • Hierdie meningstuk is 'n inskrywing vir 'n kompetisie waar Die Student vir studente gevra het om 'n meningstuk oor 'n lockdown-legende te skryf. Die wenner stap weg met R5000.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.