Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
KYK: Cyril is nie ons messias nie, sê studente

Cyril Ramaphosa is nie Suid-Afrika se politieke messias nie.

Dít was die algemene gevoel onder studente van Johannesburg en Pretoria in 'n gesprek oor die opkomende verkiesing.

Die Student en Netwerk24 het onlangs studente van die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Johannesburg oor die politiek, korrupsie, veiligheid en die president gepols.

Vir die volledige gesprek (10 minute), kyk die video boaan hierdie artikel. Die televisieaanbieder Sinki Mlambo het die gesprek gelei.

Huzaifa Kahn. Foto: Martin de Kock
Huzaifa Kahn. Foto: Martin de Kock

Lesego Motsage, 'n BA-student van die Universiteit van Johannesburg, is teleurgesteld in Ramaphosa se keuses vir sy kabinet.

"Ek glo in ons president en ek dink hy het goeie bedoelings, maar wat ek nie verstaan nie is hoekom hy ministers in sy kabinet hou wat deel van Zuma se kabinet was nie. Hulle is korrup. En nou met die ondersoek na staatskaping word hulle by groot misdade betrek. Ek voel die mense rondom hom – wat veronderstel is om hom te help om die land vorentoe te neem – gaan hom in die steek laat."

Ek het absoluut geen vertroue of enige respek vir Cyril Ramaphosa nie. Ek dink hy is slegter as Zuma.

Huzaifa Khan, 'n mediese student van die Universiteit van Pretoria, stem saam.

"Ek dink nie [Cyril Ramaphosa] het die vermoë om die mense in die ANC te verander nie. Ek sal voorstel dat die ANC heeltemal skoongemaak word en dat jonger leiers na vore gebring word – leiers wat die potensiaal vir verandering toon en leiers wat minder geneig is om korrup te wees."

Lorinda Pretorius. Foto: Martin de Kock
Lorinda Pretorius. Foto: Martin de Kock

Lorinda Pretorius, 'n sielkundestudent van die Universiteit van Johannesburg, het ook alle hoop en vertroue verloor.

"Ek het absoluut geen vertroue in of enige respek vir Cyril Ramaphosa nie. Ek dink hy is slegter as Zuma. Mense soos hy irriteer my. As jy iemand is wat injustice sien en in 'n posisie is om iets te doen, maar jy laat dit toe vir so lank, het ek geen respek vir jou nie. Ek dink hy is 'n hypocrite. Ek dink nie hy is die duiwel nie, maar baie naby daaraan. Ek het geen respek of hoop vir hom nie."

Shanté Kroukamp, 'n BA-student van die Universiteit van Pretoria, het egter nog nie handdoek ingegooi nie.

"Ek het definitief hoop vir Cyril Ramaphosa. As 'n mens kyk na die negatiewe publisiteit van die ANC die afgelope paar jaar, dink ek daar is baie op die spel vir die ANC. Cyril Ramaphosa is 'n ongelooflike sakeman en hy gaan die land bestuur asof dit sy belegging is." 

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.