Met net 2 dae oor voor Valentynsdag, deel Lisa met die rooi hare 'n paar wenke vir dié van ons wat beplan om Vrydagaand alleen te spandeer.
Lisa van Rooyen is 'n musiekbedryfstudent van Potchefstroom wat die afgelope paar maande duisende mense laat skaterlag het vir haar Boer soek 'n vrou-video's wat sy op Facebook, Instagram en YouTube gedeel het. Sy het ná elke episode elke ongemaklike oomblik ontleed (met 'n glas wyn in die hand!)
LEES OOK: ‘Aitsa!’ Ontmoet Lisa met die rooi hare
Met Boer soek 'n vrou verby, gaan Lisa vir die volgende tien weke elke week 'n video vir Die Student maak. Sy is al vier jaar 'n student en het lekker raad om te deel, van hoe om ekstra sakgeld uit jou ouers te kry tot hoe om vlerk te sleep voor Valentynsdag.
Kyk haar eerste video hier oor hoe om die studentelewe 'n klein bietjie beter te maak: