Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Kyk óók na jou geestesgesondheid in dié pandemie

Sad lonely girl isolated stay at home in protectiv

Ons bevind ons op ’n plek waar die aantal korona-verwante sterftes, die sterftes aan Covid-19 oorskry. Werkloosheid, hongersnood en armoede is nou dodeliker as die virus. Daar is verskeie artikels oor die “honger-virus” in Suid-Afrika.

Ek besef ek is bevoorreg dat ek nie self daagliks honger ly nie. Iets wat ek wel ervaar en weet my vriende ook ervaar, is die ding wat ’n mens geestesgesondheid noem.

Saam met die virus kom die vreeslike onsekerheid oor alles. Onsekerheid oor hoe dinge nou gaan werk en onsekerheid oor geldsake weens die ekonomiese krisis.

Dan word ’n mens nog 24/7 met slegte nuus, wolhaarstories of nie, omring en boonop is jy bang om die dodelike virus op te doen of om jou geliefdes aan te steek.

Dit is 'n resep vir ekstreme angs.

Alana van Tonder
Alana van Tonder

Te danke aan ons regering het die meeste mense ook hul coping mechanisms verloor, of dit nou sigarette of alkohol of tattoes, clubbing, retail therapy of gaan fliek by die mall is. Almal word gedwing om heeldag alleen met jou eie gedagtes te wees.

Daar is geen afleidings of mense om jou te stop as jy besig is om jouself in ’n bose kringloop in te dink nie.

Ons almal weet ook dat geslagsgegronde geweld in Suid-Afrika toeneem. Saam met die inperkings kon almal wat gesinsgeweld ervaar, nie meer ontsnap na hul werk of skool nie.

Die universiteit se verwagtinge van my as ’n student het verdriedubbel met die aanlyn leerdery. Soveel so dat daar nou ’n spesiale hereksamen moet plaasvind vir amper 75% van my mede-statistiekstudente.

Nagraads is daar nie herre nie, maar wat maak jy as jy net vyf studente het wat jou moeilike eksamen kon deurkom? Jy maak ’n hereksamen in die middel van die tweede semester, dis wat.

As ’n onlangse gegradueerde het ek jare gehoor hoe ek gaan sukkel om ’n werk te kry en in die toestande stres ek net nog meer oor wat die toekoms inhou.

Ek het ook daaraan gedink om volgende jaar iewers oorsee ’n internskap te doen, dan klap ek sommer twee vlieë met een klap: ek doen werkondervinding op en ek kry ’n kans om ’n nuwe plek en kultuur te beleef.

Met die rand wat in duie gestort het en internasionale vlugte wat nie gebeur nie, dink ek selfs dit is nie meer ’n opsie nie.

Sy het die hele situasie glad nie verstaan nie en het in haar laaste oomblikke gevoel dat haar familie nie meer lief vir haar is nie. Net omdat bejaardes nie grootgemaak is om oor hul gevoelens te praat nie, beteken nie hulle kan nie sukkel met geestesgesondheid nie.

Ek wil nie eens weet hoe dokters moet voel wat nou in die voorste linie is nie. Daar is soveel druk op hulle om die “aarde te red” uit die pandemie se kloue. Die ongelooflike stres, min slaap en vrees om die virus oor te dra aan jou familie of pasiënte veroorsaak ’n baie eensame bestaan. Ek glo nie dit is goed vir ’n mens se geestestoestand nie.

Die meeste van die bohaai oor die pandemie gaan oor ouer mense. Almal wil hul oumas en oupas, wat weerloos is teen hierdie virus, beskerm. Dit kan net gebeur deur alle fisieke kontak met hulle te vermy en dit is juis ouer mense wat smag na tyd saam met hul familie.

Nie om ’n stereotipe te ondersteun nie, maar ouer mense is ook gewoonlik nie baie vertroud met tegnologie nie en is dus in dié tyd meer eensaam.

My oumagrootjie is in die inperkingstyd dood (nee, nie as aan Covid-19 nie). Sy het die hele situasie glad nie verstaan nie en het in haar laaste oomblikke gevoel dat haar familie nie meer lief vir haar is nie. Net omdat bejaardes nie grootgemaak is om oor hul gevoelens te praat nie, beteken nie hulle kan nie sukkel met geestesgesondheid nie.

Saam met die pandemie het daar baie probleme gekom, soos hongersnood en werkloosheid, wat ’n skerp toename in probleme met geestesgesondheid veroorsaak.

Dit is werklik moeilik om nie angstig of alleen of depressief te voel as daar soveel onsekerheid en druk op ons is as gewoonlik nie. Boonop mag ons nie ontsnap nie – of dit nou uit die provinsie of land is en of dit deur sigarette en alkohol is en of net deur te kuier. Sal ’n onskuldige koffie elke nou en dan op ’n verantwoordelike manier by ’n vriendin se huis nou regtig die einde van die wêreld wees?

  • Alana van Tonder is besig met haar honneurs in wiskundige statistiek aan die Universiteit van Pretoria. 
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.