Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
KYK: Studente praat politiek, verkiesing en korrupsie
Huzaifa Kahn
Huzaifa Kahn aan die woord tydens die verkiesingsgesprek in Pretoria. Foto: Martin de Kock

Hul lont is kort.

Studente van Stellenbosch, Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria se uitkyk op hul toekoms in Suid-Afrika blyk nie tans baie rooskleurig te wees nie.

Die Student en Netwerk24 het in April by studente van die Universiteit Stellenbosch, die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Johannesburg gaan kers opsteek voor die verkiesing van 8 Mei.

Vir baie studente sal dit Woensdag, 8 Mei, die eerste keer wees wat hulle hul kruisie langs ’n politieke party gaan trek in ’n algemene verkiesing.

Die drie verkiesingsgesprekke is opgeneem en is deur die televisieaanbieder, Sinki Mlambo, aangebied.

Nié net het die studente oor die verkiesing gepraat nie, maar ook mond uitgespoel oor korrupsie, emigrasie en misdaad.

“Vir baie studente sal dit Woensdag, 8 Mei, die eerste keer wees wat hulle hul kruisie langs ’n politieke party gaan trek in ’n algemene verkiesing,” het die redakteur van Die Student, Anika Marais, gesê.

“Dit was vir Netwerk24 en Die Student belangrik om te gaan uitvind hoe hierdie nuwe kiesers na Suid-Afrika kyk. Hul antwoorde sal jou beslis verras!”

Kyk die drie verkiesingsgesprekke hier:

STELLENBOSCH

POTCHEFSTROOM

PRETORIA EN JOHANNESBURG

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.