Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Kyk vir Trevor en Rolene: Moenie SA onderskat nie!
Cilmie Geyer
Cilmie Geyer

“If your dreams don’t scare you, they’re not big enough.”

Ek is een wat daarop fokus om voluit in iets te glo. Ons het elkeen verskillende opinies en idees en het dus die verantwoordelikheid om ons eie stem te laat hoor.

Dis die wonderlike ding van Suid-Afrika: Ons bestaan uit ’n pragtige, saamgevlegte nasie, gevul met impak-ryke denke. Maar die droom kan slegs ’n werklikheid word indien dit omgeskakel word in ’n visie. ’n Droom bly ’n lugkasteel, iets vir die toekoms, terwyl ’n visie ’n plan van aksie behels.

Gryp dit aan

Jy het soveel potensiaal, moenie terugsit en wag nie, gryp geleenthede aan, of skep dit self. “It takes many kinds to make a world.” Selfkennis is belangrik, so bring dit in lyn met jou eie uniekheid.

Natuurlik kom daar tye wat ’n golf van ongelukkigheid oor jou spoel, maar as jy plat op jou gesig neergeslinger word, is daar net een uitweg: Staan op met meer wysheid en krag as tevore.

Selfkennis is belangrik, so bring dit in lyn met jou eie uniekheid.

Soos jy eers vir jouself moet lief wees voordat jy vir ander lief kan wees, is dit ook met ons as Suid-Afrikaners. Eers wanneer elkeen op hul volle potensiaal fokus, kan ons as ’n land ons volle potensiaal ontsluit.

Die binnekant maak saak

Kyk net na Trevor Noah, Rolene Strauss en Demi-Leigh (Nel-Peters), om net ’n paar te noem. Elkeen van hulle moet ’n vlammetjie van inspirasie by ons aansteek om groter te dink en hoër te mik. Ons onderskat onsself én Suid-Afrika.

Hoe ongelooflik is ons as land nie met ons pragtige natuurskoon in al nege provinsies, asemrowende kuslyne en spierwit strande nie? Hoeveel van ons het al oorsee rondgetoer, maar Suid-Afrika nog nie behoorlik ontdek nie?

LEES OOK: SA, jou lekker ding!

Die lekkerste gevoel is as oorsese mense kommentaar lewer oor hoe vriendelik mense in die verbygaan is en hoe ongelooflik ons braaibroodjies en skaaptjoppies smaak.

Ja, alles werk dalk in luukse Eerstewêreldlande, maar ’n mens moet na ’n land kyk soos na ’n goeie boek, dis tog die binnekant wat werklik saakmaak.

Is jy in?

Soos ons moet fokus op ons sterk punte en dit wat ons mooi maak, moet ons fokus op wat van Suid-Afrika ’n pragstuk maak.

Respekteer ander se visie, want net dalk raak dit deel van vooruitgang.

Ons kleine Suid-Afrika het soveel om op trots te wees, ek bedoel ons het die Wêreldbeker gewen! Ons gaan net van krag tot krag en ons moet terugploeg in ons mooie land.

Ons moet ophou lugkastele bou en eerder ’n plan van aksie saamstel vir onsself en ons land in sy geheel. Respekteer ander se visie, want net dalk raak dit deel van vooruitgang. Moet nooit iets of iemand onderskat nie.

Gaan jy deel wees van die ontsluiting van ons land se visie?

  • Cilmie Geyer (18) studeer aan die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch. Sy het groot geword in Tzaneen, Limpopo.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg Die Student op Instagram

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.