Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Laerskool Schweizer-Reneke: 'Die pyn is oud en diep'

In die woorde van ons nasionale ikoon Nelson Rolihlahla Mandela: “Ons menslike medelye bind ons aan mekaar – nie uit jammerte of meerwaardigheid nie, maar as mense wat geleer het om ons gemeenskaplike lyding in ons toekoms te verander.”

Hoewel dit ’n warm someraand in die rustige Oos-Kaapse platteland is, voel my hart koud en bedruk oor die onregverdighede van ons wêreld.

x
Thembalethu Seyisi

My mede-Suid-Afrikaners, wat het ons in die afgelope 24 jaar van ons demokrasie verkeerd gedoen? Ons het die #FeesMustFall, #MeToo, #RhodesMustFall en #TheTotalShutDown meegemaak.

Ons is baie verskuldig aan hierdie dapper optredes wat noodsaaklike gesprekke en ’n soeke na verandering teweeggebring het.

Apartheid is steeds 'n faktor

Maar ná 24 jaar van demokrasie is ons verhaal steeds een van vroue wat deur hul maats vermoor word, studente word steeds tersiêre opvoeding ontsê weens hoë klasgelde, terwyl rassisme steeds sy lelike kop uitsteek en ons pragtige nasie verdeel.

Die pyn is oud en diep. Die onlangse beskuldigings van rassisme in die graad R-klas in die Laerskool Schweizer-Reneke het ons weer aan die ongeregtighede van die verlede herinner.

Dit is ’n onreg dat sulke jong leerlinge ontneem word van die geleentheid om in ’n nie-rassistiese en nie-seksistiese wêreld te lewe.

Nie alleen is dit moreel onaanvaarbaar nie, dit is ook strydig met ons Grondwet.

Die ontsteltenis op sosiale media is vir my ’n bewys dat ons nog nie ten volle genees is nie. Ons is ’n nasie in terapie. Ons is ’n nasie in krisis.

Die pyn is oud en diep. Die onlangse beskuldigings van rassisme in die graad R-klas in die Laerskool Schweizer-Reneke het ons weer aan die ongeregtighede van die verlede herinner.

Totdat ons rassisme erken en as ’n saak van nasionale erns hanteer, sal ons elke keer met mekaar baklei wanneer so ’n geval voorkom.

As ons erns het met #FixingTheCountry, kan ons nie bekostig om mekaar te beveg nie. Ons moet ons gesamentlike lyding vind en aanvaar en die bestaande orde uitdaag. Dit was eenheid onder diegene wat teen apartheid was wat die bestel op sy knieë gedwing het, nie verdeeldheid nie.

Regverdigheid moet seëvier

Dit is belangrik dat ons ons oë en harte wyd oopmaak teen die onregverdighede van die wêreld.

Dit is ewe belangrik dat ons ook ons oë en harte wyd oopmaak vir die liefde, welwillendheid en deernis wat ons mekaar kan en moet bied.

Swart of wit. Indiër of bruin. So paradoksaal soos wat dit mag klink, dit is presies in die onreg waarin ons ook opregte liefde en deernis kan vind.

Die tyd is nou, veral vir jong mense, om na vore te tree en ons land te red.

Ongelukkig is rassisme nie die enigste boosheid wat in ons land beveg moet word nie.

Moord op vroue, verkragting, korrupsie en hebsug is van die booshede wat ons moet bestry voordat dit ons land selfs verder skade berokken.

LEES OOK: Beste Cyril, kom ons dien met geregtigheid

Terwyl ons land in terapie vir die onreg van die verlede is, moet ons ook enige toekomstige onregte beveg deur regverdig op te tree en ons land se behoeftes bo ons eie te stel en die Grondwet te eerbiedig.

Die tyd is nou, veral vir jong mense, om na vore te tree en ons land te red.

Onthou, ons kan nie uitdeel wat ons nie het nie. As ons nie onsself liefhet nie, sal ons nie ander kan liefhê nie.

As ons nie regverdig teenoor onsself optree nie, sal dit ’n onbegonne taak wees om regverdigheid vir ander te vind. Laat vrede in ons land heers.

  • Thembalethu Seyisi is ’n LLB-student aan die Stellenbosch Universiteit en ambassadeur vir prof. Thuli Madonsela se #SocialJusticeMPlan wat hom beywer vir veranderings wat in die land, op die vasteland en in die wêreld nodig is.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal. Lees die Engelse weergawe hier.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog opinie stukke hier.
Meer oor:  Laerskool Schweizer-Reneke  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.